"Misverstaan" deur Ruan Snyman

  • 0

Misverstaan

Met bloedrooi oë en ’n kop in die wolke
Verstaan jy my nie! Verstaan jy my nie!

Ek is ’n soldaat van die verlore wêreld
Vasgevang in my eie wêreld
Gee my ’n kans om te verduidelik
Want ek dink ons is net tydelik

Die bottels kraak saam met die verhouding
En dit pla my nie, nee dit pla my nie!
Jy druk jou stempel op my af
En dit voel soos ’n moerse straf

Ek weier om in te gee en jou gelukkig te maak
Want ek gebruik jou net vir my eie vermaak

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top