"Mistroostig" deur Cindy Claassen

  • 0

Mistroostig

In ? grys kafee op ? grys, grys dag
het jy gesê dat jy nie meer langer wou wag
Dis nou of nooit nie, dit was jou woorde
en as ek dit nou hoor maak dit sin
Maar daai grys dag was die betekenis verlore
My kop het gehuiwer al het my hart ja gefluister
Jy wou nie hoor van uitstel
Jy’t by deuruit geloop, jy’t gesê jy sou bel

REFREIN:
Waarom moes ek huiwer?
Waarom wou ek wag?
Jy was alles wat ek wou hê
Ek lê en worstel met dié vrae elke donker nag

Dag vir dag sit ek in dieselfde grys kafee
en staar ek mistroostig uit oor die see
Ek wens jy kon nou hier instap
en my weer vra om saam te gaan
Maar nou is dit te laat
en ek bly alleen agtergelaat

REFREIN:
Waarom moes ek huiwer?
Waarom moes ek wag?
Jy was alles wat ek wou wees
Die herinnering aan jou is soos ? doring in my vlees

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top