"Miskien weet die see" deur Juanita du Toit

  • 0

Miskien weet die see

die branders breek oor my
en druk my onder
ek moet baklei om bo te bly
en maak dit net-net
wonder bo wonder

en ek weet nie of ek dit gaan maak
die golwe stel sy saak
miskien weet die see
wat die lewe my gaan gee
miskien, miskien
miskien weet die see
of ek jou wel verdien
miskien, miskien

ek weet nie of ek dit gaan maak
die golwe stel sy saak
al wat my nou laat uithou
is die memories saam met jou
baby ... bring my terug
trek my uit hierdie see
en gee my lig

die branders breek oor my
en druk my onder
ek moet baklei om bo te bly
en maak dit net-net
wonder bo wonder

en ek weet nie of ek dit gaan maak
die golwe stel sy saak
miskien weet die see
wat die lewe my gaan gee
miskien, miskien
miskien weet die see
of ek jou wel verdien
miskien, miskien

 

 

 

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top