Miskien (Nog 'n bietjie)
Nog 'n eenbedryf van elegie
Voorgeskryf, die's net 'n konsiderasie
? Eufemisme van die paradoks
En jy kan maar ophou vir jou lewe boks
Miskien was ek nog altyd die antagonis
Miskien was die waarheid nog altyd vermis
Miskien is my ballade net 'n byklank
Maar die liefde sal eendag in my oprank
REFREIN:
Nog 'n bietjie sluimer
Nog 'n bietjie slaap
Die wêreld gaan jou haat
Nog 'n bietjie sluimer
Nog 'n bietjie slaap
Die wêreld sal, sal my haat
Nog 'n epiloog van nog 'n toneel
En ek’s moeg om net die agtergrond karakter te speel
En ek’s nog steeds verlief op 'n meisie wat my nie eers sien nie
Sy weet nie eens dat sy my seermaak nie
Miskien was ek nog altyd die antagonis
Miskien was die waarheid nog altyd vermis
Miskien is my ballade net 'n byklank
Maar die liefde sal eendag in my oprank
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


