Miskien kan iemand help

  • 6
  1. Hoekom het Leserskring, na al die jare, so skielik toegemaak?
  2. Destyds, toe Moses nog 'n tiener was, was daar naby die varsity (Tukkies) 'n kafee met die naam Japies en daar kon jy 'n Cornish pastei koop met so 'n dun branderige sousie en 'n koppie koffie vir 30c. Die kors was nie ’n skilferkors nie en die pastei was dik, vol vleis, ertjies en wortel.  Dit was baie baie lekker.  Het iemand dalk die resep?
  3. Wat het van Mapogo Matamaga geword?
  4. Die wind waai daagliks die sand van die Namib en die Sahara die see in, selfs oor die see. Hoekom het die woestyn nog sand na al die eeue? 
  5. Is Max du Preez nie vreeslik in die verleentheid oor die huidige toestand nie? Daar is nou presies aan die gang wat destyds die behoudendes vir hom gesê het en nogtans het hy hom beywer vir hierdie bestel.  Hy moet mos nou eintlik jammer sê maar nou beskuldig hy arme Zuma.
  6. Waar kry ‘n foton (wat blykbaar ‘n minimale massa het) die energie om vir 13,5 miljard jaar te trek teen 186 000 myl per sekonde?
  7. Hoe kan Zuma nog Afrikaners vra om ANC te stem terwyl hy hulle om elke hoek en draai uitkryt?
  8. Hoe het dit gebeur dat Afrikaanse universiteite swart en Engels word?

Jan Rap

 

 

  • 6

Kommentaar

  • Jan Rap
    1. Lees gerus Mense agter boeke: Jaco Botha gesels met Lana Barnett – uitvoerende hoof van Leserskring / Leisure Books op LitNet van 15 julie.
    2. Probeer 'Kook en geniet.'
    3.Google Mapogo Matamaga.
    4.Solank die goed waaruit sand bestaan nog voorkom op aarde sal daar sand wees.

    Hopelik sal iemand vrae 5 tot 8 beantwoord.

    • Sal maak soos jy sê maar wat die woestynsand betref: Die sandvervaardigingsproses is tog vir seker stadiger as die windverwyderingsproses. So hoekom is daar nog sand?

    • Ja Reusedwerg jy kan as hulle nie SêNet lees nie. Indien hulle wel hier lees los dit maar want anders het hulle al die antwoorde gegee.

  • Beste Jan Rap,
    Lekker ou vragie oor die foton. Ek sien die slim mense antwoord jou nie, dus sal ek maar probeer. Die Standaard Model vereis twee partikels: die elektron en die proton. Eersgenoemde is die materie en laasgenoemde die energie. Of as jy wil, eersg die fermion en laasg die boson. Die elektron veroorsaak elektrisiteit in sy beweging deur 'n geleier, ens. Die foton is eintlik onverdeelbare energie binne die liggolf. Die foton is self klein golfies wat mekaar oorvleuel om lig te veroorsaak wat met die blote oog waarneembaar is. Wanneer enige partikel spoed verander, vuur dit 'n foton af om sy nuwe status te adverteer aan almal. Fermions stoot mekaar af en kan nie saamwerk om krag uit te oefen nie. Bosons doen hierdie werk dan.
    Daar is dus nie 'n foton-partikel wat 13.5 miljard jaar van die buitenste ruim af kom nie. Dit bereik ons deur transmissie of voortplanting, soos 'n klank- of liggolf.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Jou verklaring maak sin, beslis meer si as wat 'n foton vir 13 miljard jaar kan reis; ek sal nog bietjie dink daaroor. Terloops, het jy nie dalk 'n vingerfoutjie gemaak in jou si wat ,et 'eersgenoemde' begin nie?
    Groetnis
    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top