Misbruik, verveeld en deurmekaar
Misbruik, verveeld en deurmekaar
Verwoord ek my gevoelens op kitaar
Ek kan dit nie vat nie!
Ek wil dit nie vat nie!
Dit maak nie meer saak nie
En dit maak nie meer kwaad nie
Dit was nie jy nie
En dit is nie ek nie
Jy het my verstoot
amper tot in my dood
Jy’t gesê word groot
Toe stamp jy my oorboord
Misbruik, verveeld en deurmekaar
Verwoord ek my gevoelens op kitaar
Ek kan jou nie vat nie!
Ek sal jou nie vat nie!
Jy maak nie meer saak nie
En jy maak my nie meer kwaad nie
Dit was jy gewees
En dit was nie ek nie
Jy het my verstoot
Amper tot in my dood
Jy’t gesê word groot
Toe stamp ek jou oorboord
Help my dit te verstaan
Voordat ek hier vergaan
Jy moes ons gekeer het
in plaas van ons verskeur het
Nou neem ek wraak
Terwyl ek stukkend kraak
![]() |



