Mini-perde

  • 5
Is manupilasie ewolusie of nie?
Ek wonder darem oor ewolusie soms ...

  • 5

Kommentaar

  • Dit help nie om net te wonder oor evolusie nie. Gaan bestudeer plant- en dierkunde op universiteit. Lees Darwin se Origin of Species. Lees Richard Dawkins se The Greatest Show on Earth, The Selfish Gene, en ander boeke.
    Natuurlike seleksie is die dryfveer van evolusie. Teëling van diere deur mense word kunsmatige seleksie genoem. Daardie lekker braairibbetjie wat jy Saterdae op die kole gooi, is die produk van kunsmatige seleksie. Noem dit maar manipulasie as jy wil, dit sal geen skade berokken nie.

  • Dit is wat jy noem Bonzai-perde. Hulle word geteel. Soos honde, beeste en wat ook al wat kan voortplant, gaan jy met die regte seleksie dit kry. Die Amerikaners het 'n hele paar jaar terug 'n bees met 'n Bison gekruis. Blykbaar was die vleiskwaliteit beter, maar ek glo nie daar is vol gehou daarmee nie. Dit is dieselfde met beeste bv, Brahman- en Siemetaller- of Hereford-kruising. Die een gee massa en die ander hoogte.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, beeste en skape ens verstaan ek. Een bees gee die raam, die ander vinnige groei vir grootste gewig. Dit gaan oor inset vs winsgrens.
    Mini-perde dien geen doel nie en baie van hierdie tipe kunsmatige geteelde diere kan nie in natuur oorleef nie. Bv in Richmond in karoo word top renperde geteël, wat op karooveld oorleef om gehardheid in hitte en koue te kweek. Mini perde gaan dit nie daar maak nie, want hul word vir aardigheid geteel soos leeu met tier of swart springbokke ens.

  • Hans, ja die mens is mos maar snaakse dier. Hy sal aan enige ding karring. Stem saam, die Bonzai-perdjie het geen "doel" bv werk ens nie. Dit is soos 'n os op die plaas. Loop net daar rond en snuif. Vreet en wag om geslag te word. Hy doen geen steek werk nie.

  • Beste Hans,
    Beeste, perde, skape, boerbokke, renperde, hoenders, honde , katte, ens is kunsmatig geteel, maw mensgemaak, en moet deur die mens versorg word, want hulle sal nie sommer in die natuur kan oorleef nie. Richmond se renperde het ook mensversorging nodig. Leeus, tiers en swart springbokke is nie deur die mens geteel, soos jy beweer nie, en dit nogal vir die aardigheid!
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top