oplossing eintlik nie so uiters ingewikkeld,
verwikkeld, moeilik, onimplementeerbaar,
onuitvoerbaar, Millennium Drie Krisis, ja
voorwaar, positief, afsponning, iets plus,
positiefs, nie soos in HIV, maar innie sin,
post-Besinning, iets van Gewete, t’b’gin,
indien nie als, uiteindelik te kan herwin,
terug t’kry, t’herinstalleer, t’heraktiveer
Gewete, Konsiënsie, omni-ubuNtu,
van umNtu, eisj, oplossing vereis,
verg nette bietjie, van versoening,
bietjie baie naasteliefde, respek,
vir Skepper, vir Self, vir Anner,
(al is Anner soms taamlik anners)
vir mede-Avatar, Homo Sap-Sap,
ook inne wêreld van struktuurgeweld,
gewelddadigheid, oorlog, haat, nyd,
onkund’-ontkenningskunde, verspreid,
Duiwelspiek-sieklikheid, diep ingebed,
soos riool, afval, innie oseane om ons,
see nie meer in staat, gemors t’hanteer,
strategie noodsaaklik, destruksie t’keer
Jacobus Faasen

