net so agterbaks-krities, sitkamerkermlik, argaïes,
net so Duiwelspiek-sieklik, oop-’n-bloot demonies,
net so ultra-eksploiterend, super-uitbuitlik, verfynd,
submissiverend, as allie anner, voorouers, voor ons,
wat presies net só, in minnere, merere mate, was
Mens se histories bewussyn glad nie wel,
nog minder hoop op Gewete-herstel,
niemand iets oor Eerste Mens-storie,
oor katastrofe, volksmoord, t’vertel,
van Rousseausiaans waardigheid,
inter-intra-mede-Menslikheid,
Philippi is hart van Moederstad,
(Dr. John was pionier-altruïs)
te veel Mens in war-perspektief,
in isiNtu van onderdrukking vas,
een bó die ander, ander amper,
onaanraakbaar, onaantasbaar
gaat’t ma swaar in Guantanamobaai,
ver buite jurisdiksie van gemene reg,
mede-Mens soos Auschwitz-proefkonyn,
net nog een van Mengele se offer-engele,
oor koekoesland, Guantanamobaai se strand,
kan vlieg, ver weg uit paradigma-dogma,
uit daagliks dieet van marteling, ontbering,
terwyl VN, soos skipbreukelinge op plankvlot,
self om een of ander soort redding spartel,
worstel, in struktuurgeweldsmaalkolk rond
Mens so brutaal verkrag, gewetenloos,
probeer Mens meer boos wees as baas,
oorloë, twiste, konflikte, oor hulpbronne,
kry militêre ekonomie ’n heel nuwe hups,
selfs Hussain Obama hou nie by belofte,
lat hy gaan werk vir almal, ’n beter lewe
al is struktuurgeweldstruktuur anie brand,
al is daar vir min Mens al ’n eie tuisland,
waar nageslag meer oor Naaste, Liefde,
kan leer, kort Plan iets nuuts, opwindends,
oor stokou stories, anekdotes uit annertyd
Jacobus Faasen

