Millennium Drie Krisis

  • 0

skynbaar’t alles tóé opgedaag, is’t ingelui,
m’t erge verdeeldheid oor virus, sindroom,
malkoeisiek, aardbewegings, sjoe, tsunami,
peste, plae, ongelukke, rampe, eina, eish,
sommiges’t, na jare, noggie eens ‘n namie

 

“Duiwelspiek”-siek, “ras” en “klas” inkluis,
pole van Gini-koëffisiënt, TB, o liewe wee,
party bly in paleise, anner inne tjôtjômbie,
uitgedwing na tuisland, ”Ekonomie Twee”,
armoed’s nooit met goud beklater, beklee,
natuur gee onner afval-inseminasie mee,
kyk hoe dryf toksienes in getye vannie see

God, voor Ú is almal, Mens, plus lief-Naaste,
van begin af al, egalitêr, justifieerbaar, g’lyk,
kanti, Mens bevind Mens, inne erge Krisis, nu,
duid’lik-ontstigt’lik neo-struktuurgeweldsrealiteit,
vrees, dat nageslag nooit so bevoorreg sal wees,
êrens oppe skoon rivier, stroom, tersluiks af t’kom,
virre kort wyle, Millennium Drie Krisis half vergete,
tyd progressief, produktief, op dees Planeet t’verwyl,
onnodig vir krokodiltrane oor hulpbronverlies, vies,
spyt, oor gevolge van onkund’-ontkenning hoef t’huil

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top