Wie is Yael Farber?
Vir 'n bekendstelling aan wie hierdie dramaturg is kan daar na hierdie kort onderhoud met haar gekyk word in konteks van vorige werk deur haar gedoen gebaseer op die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK).
Die aanvanklike blootstelling aan die drama Mies Julie het gekom met 'n bespreking daarvan in die daaglikse 'Front Row' program van BBC se Radio 4 wat onlangse verwerkings van dramatiese werke deur Ibsen & Strindberg bespreek het in verlede week. In beide gevalle is die verwerkers, Robin French & Yael Farber onderhoude mee gevoer om die verwerkings te verduidelik en in konteks te plaas.
Farber verduidelik haar motiverings soos volg en en dui aan dat 19 jaar na die eerste demokratiese verkiesing dat belangrike vrae soos wie het die mag en hoe sal die grond verdeel word nog nie volkome geantwoord is nie, tesame daarmee het die ekonomiese lot van die oorgrote meerderheid van die samelewing nie verbeter het nie. Die wond wat nog nie genees het nie ten spyte van die nuwe politieke bestel. 'n Metafoor wat sy elders gebruik is om te verwys na die donder wat jy hoor aankom as die voorloop van die uiteindelike donderstorm.
Dit is hierdie aspek wat tragies is aangesien 'n aspek van Camus se denke juis as oogmerk het om die ekonomiese lot van die wat onderdruk word te verbeter en regverdigheid te bewerkstellig in plaas van die beskrywing van die 'onbekende' en 'afbreukende plaag' waarvoor Camus onlangs hier ingespan is. Onbekend aangesien die skrywe nie 'die pes', 'die plaag' by die naam wou noem nie, maar volkome berus het op sinspeling. Die subteks was egter heel duidelik vir die wat daarop reageer het en daarmee die skrywer se intensies bevestig het.
In die toneelstuk verander Farber die dinamika van die verhoudings en in haar weergawe verskuif die konflik na John en Julie, met Christine as John se ma die troika wat in konflik is in teenstelling met die weergawe van Strindberg waar die verhouding tussen verloofdes is en Julie die indringer is. In Farber se weergawe is die ma Christine en die seun is John. Farber beskryf Julie as 'n baie hartseer persoon wat smag na afleiding en avontuur en beskou die verhouding wat met John ontwikkel as 'n groter bedreiging vir John se ma, Christine en die bedreiging wat die indringer dalk meer intens. Die wisselwerking van die rolle wat elkeen in die samelewing het is kompleks. Christine en John, is ma en seun, John is 'n plaasarbeider, Christine is die kok in die huis asook die oppasser van Julie as 'n kind en het nou 'n band met haar so sterk soos die van 'n moeder. Tesame hiermee die komplikasies van seks, klas en kleur. Dit is ook belangrik om te weet dat hierdie speel af nie in apartheid nie, maar in 2012 en verdiep daarmee die komplikasies.
Daar kan hier na die betrokke onderhoud geluister word.
Hierdie is duidelik 'n toneelstuk wat die teaterwêreld aan die praat het en die internasionale media op reageer.
Die volgende twee onderhoude is agter ‘n subskripsiemuur maar in die naweek se kunsblad van die Financial Times is daar 'n onderhoud met Yael Farber en is sy nou aan die woord:
Neem kennis die seks in die toneelstuk is vuurwarm asook wit en swart en gewelddadig:
“It’s the trigger. This is going to sound ironic because the sex in my version is so graphic but people get very easily misled into making the sex the centre of the work. It is the central unlocking device but it’s what occurs afterwards that should be so much more shocking – how a brutally honest dialogue gets opened up between a man and a woman who are, for the first time, able to say what needs to be said. I think why Strindberg’s work continues to be revived and adapted is because the central narrative device is quite a brilliant one.”
“In the original version both Julie’s death and the sex happen offstage, but because South Africa is such a confrontational society, we have to make theatre that reaches the intensity that the community is living. For me it was: be as upfront as possible about the sexuality and then keep raising the bar as these two people get more and more naked in front of each other. There is an intimacy and a connection that tie them both to the same piece of land and at the same time it’s what will destroy them.”
Behalwe vir die seks, is daar ook die kwessie van klas en wie is die meester en wie is dienskneg.
Farber voer aan:
“On farms in South Africa the white landowners’ children grew up quite intimately with the black labourers’ children. So they have very powerful shared childhood memories. Then, at a certain point, their lives diverged and one went on to be the master and the other to be in servitude.”
“Any potential tenderness between the couple is destroyed as they battle viciously over their shared, divided past and their claim on the land. At the core of Mies Julie is the redistribution of the land. Which is a central issue facing South Africa right now.”
Die kultuurblad van die Sunday Times of London voer ook 'n onderhoud met Farber en word die volgende aspekte daaruit geplaas in hierdie brief:
“My mandate was not subtlety, she laughs, what cannot be said is said on this particular night. Sex does that — the pendulum swings of power in which you unblock your own vulnerability become incredibly potent. It’s a text that makes big demands of its cast, I needed incredibly receptive actors who could say the most terrible things to each other.”
Hilda Cronje wat die rol van Julie vertolk is ook teenwoordig in die onderhoud en beskryf dit soos volg:
“It was a hard process, we had to be violent to each other. The characters are fighting for their lives — and one of them dies.”
Die produksie was opgevoer in die Baxter-teatersentrum laat verlede jaar indien my veronderstelling korrek is. Farber, Mantsai en Cronje sluit soos volg af.
Cronje admits that some spectators have barked: “This is not South Africa! Why are you telling this story?” “We’re dealing with a wound,” Mantsai suggests. “People say they’re fine, but when you scrub the wound, it’s still painful.” Farber believes a native audience may be too close to the material to see it clearly. “There’s definitely a level of myopia when one’s sitting inside a transitional society. You’re living it every day. South Africans are right in that kitchen with us.” “There is a kind of grief that you live with all the time about not being in South Africa,” she muses, “but at the same time you have this expanding aperture. Every time I come back, there are things that stun and shock me, which I was immune to when I was living there.”
'n Toneelstuk so antiek soos die oorspronklike tragedies, soos gesien met die inleidende onderhoud met Farber, die familie is die slagveld en in verhouding tot die groter samelewing.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Hello Naomi et al,