"Mienke my liefling-kind" deur Stephan Strydom

  • 0

'n Tweede drukkie net deur liefde
Laat 'n traan vloei van hoop
Dalk nooit weer gevonde
Die res mag nie besluit
Vir my net een hoop van wees
My liefde vir jou so groot
Ek smag vir oog tot oog
Net een keer weer
Om jou net vas te hou

Jy straal die sonlig uit
So broos en liefdevol
Elke diertjie jou probleem
Jy bekommer jou oor almal
Jou brose gees verstaan ek wel
Jy die een wat maar sal val
Jy dra die wêreld saam met jou
Jou liefde twintigvoud
Niks nee niks mag jou bemoei

Mienkels my liefling-kind
Die sonstraal in die woud
Iemand soekend, jy sal help
Altyd eerste om te gee
Jy skuld geen niemand iets
Jy is altyd die prinses
Jy het 'n gawe, enig soort
'n Engel in 'n klein gewaad
Jou lig sal altyd skyn

Die smart kom jou nie toe
Jy is maar net 'n kind
Jy wil dit net regmaak
Al weer net die minste
Daar is engele rondom jou
Wat jou net sal vashou
Jy het nie gefout
Jy sal beskerm word
Vir altyd en heelal

Ek dra jou op 'n spesiale plek
Diep in my hart
Nooit 'n slegte woord van jou
Sal uit my mond uitkom
Jou glimlag soos die son
Wat deur die wolke breek
Ek is baie lief vir jou
Ek sal jou nooit vergeet
Mienke my liefling-kind
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top