Middernagstories (Deel III)

  • 1

Maak die derde deur oop en kom binne … Pasop net dat die wind nie die deur agter jou toewaai nie, want hoe sal jy dan die pad terug na jou wêreld vind?

I
Ek hou nie van kinders nie. Hulle krap en skree en byt en pas nie altyd mooi in die pot in nie. Hulle vat lank om gaar te word, en die vleis is taai.

II
My ouma se tong is my gunsteling. Heerlik en baie sag, met die perfekte mostertsous. Dit is my eie resep. Ek is seker sy sou self baie daarvan gehou het, as sy nog kon proe.

III
Sy is gedwing om haar lyf in die aande te verkoop vir geld. Eers ’n arm, toe ’n been, ’n deel van haar lewer. Die mense het baie betaal, want hulle was ryk, en hulle was hónger.

IV
Ek is spyt dat ek die deur vir die verkoopsman oopgemaak het. Hy het ’n gat in my kop gepraat en ek kan voel hoe my brein daaruit lek. Ek moes lewensversekering gekoop het - toe ek die kans gehad het.

V
Dit is amper weer tyd om sy kinders by die skool te gaan haal. Die yskas is besig om leeg te raak.

 

  • 1

Kommentaar

  • Maak die derde deur oop en kom binne … Pasop net dat die wind nie die deur agter jou toewaai nie, want hoe sal jy dan die pad terug na jou wêreld vind?

    I
    Ek hou nie van kinders nie. Hulle krap en skree en byt en pas nie altyd mooi in die pot in nie. Hulle vat lank om gaar te word, en die vleis is taai.

    II
    My ouma se tong is my gunsteling. Heerlik en baie sag, met die perfekte mostertsous. Dit is my eie resep. Ek is seker sy sou self baie daarvan gehou het, as sy nog kon proe.

    III
    Sy is gedwing om haar lyf in die aande te verkoop vir geld. Eers ’n arm, toe ’n been, ’n deel van haar lewer. Die mense het baie betaal, want hulle was ryk, en hulle was hónger.

    IV
    Ek is spyt dat ek die deur vir die verkoopsman oopgemaak het. Hy het ’n gat in my kop gepraat en ek kan voel hoe my brein daaruit lek. Ek moes lewensversekering gekoop het - toe ek die kans gehad het.

    V
    Dit is amper weer tyd om sy kinders by die skool te gaan haal. Die yskas is besig om leeg te raak.

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top