"Middernag" deur Nicholas Muller

  • 0

Middernag

Dis middernag en ek lê buite
met die donkerte wat my omvou
Ek wens jy was hier langs my
terwyl jy my in jou arms hou

In die stilte soek ek antwoorde
op al hierdie tergende vrae
Maar al wat ek hoor is die windjie
wat steeds geen antwoord dra

Ek wonder oor die liefde
die lewe, en geluk
En is dit ooit vir my bedoel
of trap ek in die strik?

Ek weet ek moet net glo
en op more vertrou
Maar hoe kan ek dit doen
as gister aan my klou?

Die nag verstaan my hartseer
hy verstaan my donker smart
Maar dis die wiegende bome
wat my met kreungeluide tart

Maar dis die sterre wat my weer herinner
dat more vreugde bring
Dat al die pyne sal verdwyn
en die voëltjies weer sal sing

Ek hoop om jou weer gou te sien
met die eerste sonsopkoms
Want dan verloor die nag sy byt
en die maan verloor sy frons

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top