Om pere te koop in hierdie eendeweer
Maak van elke kraampie ‘n vlughawe
Met koopmanne wat ook hul geestigheid
Soveel moontlik volks probeer hou
Oor alle handel uit die kreoolse voorkasteel van matrose
Waar vaatjies vol vrugte staan en wag op die kade
Vir voermanne wat verder gaan as voorposte
Met sy skildwagte langs ‘n vuur ryk aan eensame ywer
In daardie laaste paar wake van nag
Om die eerste windhuisies van hierdie dorp
Al met voordag te gewaar
En ek die skaam bergspits se kleur
Terwyl sy nog kalm die meesters van tyd probeer ontsnap
Met die hart vir altyd ‘n vrybrief
Wat wel sal verval soos ons liefde praai
Saam bemindes in die reën

