Mick Jagger

  • 1

Erken kunstenaars nou dat Mick Jagger die Oupa van Rock is? Maroon5 sing oor hom ofskoon hy seker nie meer so lekker kan “move” nie. Nou maak hy ook ’n klein draaitjie in Will.i. Am se jongste liedjie saam met JLo.

Dalk is hierdie die tekens van die tye.

En oom Mick moet die boodskap kry.

’n Lekker hoed kry, ’n pyp aanskaf en daagliks op sy stoep gaan sit en ontspan. In die verte in tuur en bly wees oor wat hy en die Rolling Stones gedoen het.

Dit sal hom dalk Satisfaction gee.

Andersyds die jongste video/liedjies van hom is ’n skadu oor wat hy was.

Komaan oupa Mick, iewers daar buite wag ’n Angie vir jou.
https://mail.google.com/mail/u/1/images/cleardot.gif

Yuri

  • 1

Kommentaar

  • Francois van Wyk

    Ag nee man ou Yuri! Los maar die ou ballie! Hy mag (of is dit "mog") maar, vir iemand van sy ouderdom. As ek ooit eendag so horingoud is, hoop ek ook ek sal "die moves like jagger" kan uithaal en wys ! 🙂

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top