"Met die maan gepla" deur Gloudi de Beer

  • 0

Met die maan gepla

Koor

Kom ons kyk saam,
kyk saam na die maan
Jy daar in jou hoek
Ek hier in myne

Brug 1

Die see raak vol
Die berge sink,
maar die maan
my vriend
die maan
sal nooit vergaan

In ’n brief stuur ek vir jou,
’n stukkie van die maan
en hoop dat selfs ’n stukkie
jou laat weet dat ek verlang

Met soveel grense tussen ons
Is daar min wat ons kan deel
Stories gaan verlore
Die mense bly net ’n naam

Koor

Kom ons kyk saam,
kyk saam na die maan
Jy daar in jou hoek
Ek hier in myne

Brug 2

Flaminke raak pienk
dan wit
dan pienk
maar die maan
my vriend die maan
sal nooit vergaan

Ek hoop jy weet dit elke dag
dat ek jou verlang
dat jare dalk verby sal gaan
maar jy steeds my buddy is

Mag ons weer eendag
Saam kan lag en huil
en tot dan sal ek maar
in glisters skuil

Brug 3

So kom ons klink ’n glasie
’n glasie
op die maan
want ons weet
ons kan kyk
kyk na dieselfde maan

Koor

Kom ons kyk saam,
kyk saam na die maan
Jy daar in jou hoek
Ek hier in myne

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top