Menslike brandoffers kom voor op verskeie plekke in die Ou Testament. In 2 Konings 3, 16 en 21 word hierdie ritueel spesifiek beskryf as iets boos wat God vervul met afgryse. Ons kan egter nie te gou vryspreek nie. Die volgende verse uit Eksodus maak dit baie duidelik dat menslike brandoffers eers nie deel was, dan weer deel, en dan weer nie, van offerhandes aan God:
Ex. 13:2 Consecrate to me all the firstborn; whatever is the first to open the womb among the Israelites, of human beings and animals, is mine....12 you shall set apart to the LORD all that first opens the womb. All the
firstborn of your livestock that are males shall be the LORD’s. 13 But every firstborn donkey you shall redeem with a sheep; if you do not redeem it, you must break its neck. Every firstborn male among your children you shall redeem.
Ex. 22:29 You shall not delay to make offerings from the fullness of your harvest and from the outflow of your presses. The firstborn of your sons you shall give to me. 30 You shall do the same with your oxen and with your sheep: seven days it shall remain with its mother; on the eighth day you shall give it to me.
Ex. 34:19 All that first opens the womb is mine, all your male livestock, the firstborn of cow and sheep. 20 The firstborn of a donkey you shall redeem with a lamb, or if you will not redeem it you shall break its neck. All the firstborn of your sons you shall redeem.
Die uiteindelike afkoop van menslike brandoffers maak net sin as dit oorspronklik anders sou wees. As hierdie offers van menslike eersgeborenes nooit plaasgevind het nie, hoekom dit dan eers noem? Die volgende verwysing uit Esegiël 20 maak dit baie duidelik dat hierdie gebruik deur God self voorgeskryf was:
25 Moreover I gave them statutes that were not good and ordinances by which they could not live. 26 I defiled them through their very gifts, in their offering up all their firstborn, in order that I might horrify them, so that they might know that I am the LORD.
Dan is daar natuurlik die tragiese storie van Jefta (Rigters 11)wat sy dogter offer aan God na ’n ondeurdenkte belofte. Anders as met Isak en Abraham keer God nie hierdie vader nie.
Dit bring ons by die ’held’ van Genesis, Abraham, wat in ’n hewige argument met God betrokke raak as hy pleit vir die inwoners van Sodom se lewens (Gen. 18). Almal, behalwe Lot en sy familie, totale vreemdelinge vir hom. Wanneer God hom beveel om sy eie seun te offer sê Abraham nie ’n woord nie. Weet hy dalk dat hierdie dag een of ander tyd sou kom? Het hy dalk gehoop dat God niks sal sê nie, of dalk selfs sou vergeet het dat die eersgebore seuns geoffer moet word? Het hy gehoop God sal hierdie enigste seun aan hom beloof in sy oudag vryskeld?
Op die laaste oomblik keer God hom....of dalk nie: "19 So Abraham returned to his young men, and they arose and went together to Beer-sheba; and Abraham lived at Beer-sheba." Het die redigeerder wat die teks verander het nagelaat om Isak te noem met die aftog van die berg af? Wat het geword van Sarah? Abraham gaan woon in Berseba en sien haar eers weer nadat sy dood is.
Kon sy hom nie vergewe vir wat hy gedoen het nie?
Hoe kan jy ooit ’n god soos hierdie een volmaak en goed noem? Moenie dat woorde soos ’Abraham op die proef gestel’ (Gen 18:1) jou mislei nie. Hier is een rede hoekom die God van die Bybel, al het hy bestaan, nie mense se aanbidding verdien nie.
Ns. Ek verkies die NSRV omdat ek kan ’cut & paste’ uit hom. Ek het onlangs ’n Nuwe Vertaling gekoop by ’n tweedehandse boekwinkel, maar was te lui om uit dit aan te haal.
Chris Dippenaar


Kommentaar
Ja nee kyk, toe hulle begin praat oor kindertjies wat gestenig moet word, het ek alle belangstelling in die boek verloor. Die Grimm-broeders se stories is minder grusaam as die Bybelse fabels.
’n Goddeloos-onnosel mens is ’n gruwelike ding- en jý is so ’n affêre, Chris (julle is eintlik almal só).
Jou kommentaar op jou aanhalings is só absoluut skokkend insigloos –
‘Consecrate’ beteken nié om te brand nie, maar om te wy, heilig, konsekreer, toewy, ens. – sprekende voorbeelde is Simson en Samuel wat vir God se diens gewy (consecrated) is. Exodus 22:29 het ooreenstemmende betekenis, waar God sê “you shall give to Me”.
Esegiël 20:25 praat nié daarvan dat God van die spul verwag het om hulle kinders te verbrand nie, maar sê uitdruklik juis dat hulle God vertoorn met daardie gebruik (in daardie stadium het volk afvallig geraak en baie van hulle het die Ammonitiese afgod molog gedien wat kwansuis kinder offerandes vereis het - dit was juis ’n heidense gebruik wat God die volk absoluut verbied het) – as jy enigiets weet en besef van wat jy lees, sou jy die Engels kon verstaan vir wat dit is, sou jy besef dat God sê “25 “Therefore I also gave them up to statutes that were not good, and judgments by which they could not live; 26 and I pronounced them unclean because of their ritual gifts, in that they caused all their firstborn to pass through the fire, that I might make them desolate and that they might know that I am the Lord.”
Trouens, God het ’n verskriklike oordeel (make them desolate) oor hulle uitgespreek oor hulle daardie gruwelike heidense gebruik beoefen het. God laat mense wat opsetlik afvallig van Hom lewe, aan hulle eie begeerlikhede oor en dié vernietig hulle mettertyd - daarom dat julle so valslik ‘vry’ voel om teen God te rebelleer – maar as julle nie tot besinning en bekering kom nie, sál julle einde gruwelik wees, want julle leef in die oog van die storm wat julle weens julle Goddeloosheid omring...
Terloops, as jy dan verkies om ’n Engelse Bybel te gebruik, gebruik ten minste een wat nie misleidend is nie, soos die NKJV.
Nog net een aspek, want jy mors tyd – dié van Isak en Abraham. Jou snert daaroor is gruwelik.
In die tyd van Abraham, was die gebruik van al die heidennasies in die omgewing waar Abraham was, juis om kinders van hulle aan afgode te offer - maar nie God nie. Toe God aan Abraham sê om Isak te gaan offer, het dit Abraham sekerlik geskok, want hy het vir wie weet hoe lank uitgesien na die geboorte van Isak op God se belofte, sy Verbond seun, maar uit respek vir en gehoorsaamheid en onderdanigheid aan en geloof in God het Abraham gegaan om dit te doen. Dit was egter duidelik dat hy God vertrou (n sterk geloofsdaad) het vir ’n ander uitkoms – hoewel God hom geen sodanige indikasie op pad gegee het, nie -
Maar toe die niksvermoedende Isak na die offerdier uitvra, het Abraham sy vertroue en geloof in God se goedertierenheid en getrouheid verwoord met die woorde “8 And Abraham said, “My son, God will provide for Himself the lamb for a burnt offering.” Uiteraard is Isak nié geoffer nie.
Daardie gene vir geloof in God, dié van Abraham, maak dat daar vandag biljoene gelowiges is én dat Abraham bekend staan tot in lengte van dae, as die Geloofsheld van die Christendom. Dit daardie gene wat ons het – waar's joue? Het jy dit ook vir 'n bottel drank aan 'n aap verkwansel? – jy moet dus maar by ’n aap gaan soek en nie vind nie.
Jou ander snert, is te sinneloos om mee te handel. Daar word nie elke keer gesê dat ’n man sy hele trek saamneem wanneer hy trek, nie. Dit word as vanselfsprekend so aanvaar. Jy is darem verskriklik insigloos.
Ja, Jefta hét ’n ondeurdagte gelofte aan God gedoen en hy moes sy gelofte nakom – God kom Sy geloftes na en verwag ook so van die mens – hier is die waarskuwing van God: “3As jy aan God ’n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie. Hy hou nie van ligsinnige mense nie. Wat jy beloof het, moet jy betaal. 4Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. 5Moenie dat jou mond jou laat sondig sodat jy vir ’n priester moet sê: “Ek het my vergis” nie. Waarom sal jy God laat kwaad word oor wat jy gesê het en Hom jou handewerk laat vernietig?”
Jy, Chris, is waarlik nie in jou huidige staat, die Woord waardig nie. As jy maar net kon besef hóé nodig dit vir jou is om tot besinning te kom.
Terloops, ek weet hierdie is ’n poging om my aandag van darwinisme af te trek – maar allermins. Hierdie snert van julle herinner my net hóé mislei en nutteloos julle geword het, as gevolg van julle drekreligie.
Kobus de Klerk
Kobus, die volgende uit jou reaksie: "‘Consecrate’ beteken nié om te brand nie, maar om te wy, heilig, konsekreer, toewy, ens. – sprekende voorbeelde is Simson en Samuel wat vir God se diens gewy (consecrated) is. Exodus 22:29 het ooreenstemmende betekenis, waar God sê 'you shall give to Me'", is heeltemal belaglik. Die konteks is spesifiek offerhandes en daar is géén onduidelikheid nie. Jou verwysing na Samuel en Simson is 'n woordspeletjie wat nie werk nie.
Ek sou verwag dat jy my tereg sou wys deur Esegiël 20:25, 26 in Afrikaans aan te haal. Hoekom dan in Engels? Die aanhaling uit die Nuwe Vertaling maak dit duidelik:
25 Ek het vir hulle voorskrifte gegee wat nie goed was nie en bepalings waardeur hulle nie in die lewe kon bly nie. 26 Ek het hulle onrein laat word deur hulle offergawes waarin hulle al hulle eersgeorenes verbrand het, Ek wou hulle skrikbevange maak sodat hulle sou besef dat Ek die Here is.
So kan jy gaan na verskeie vertalings, en nie een van hulle lees soos die NKJV wat jy aanhaal nie. Spesifiek die frases in die vers wat jy vir ons beklemtoon. In ander vertalings kom die onreinheid kom van God self! Hier is 'n paar voorbeelde van Esegiël 20:
King James Version - 25 Wherefore I gave them also statutes that were not good, and judgments whereby they should not live; 26 And I polluted them in their own gifts, in that they caused to pass through the fire all that openeth the womb, that I might make them desolate, to the end that they might know that I am the LORD.
New International Version - I also gave them over to statutes that were not good and laws they could not live by; 26 I let them become defiled through their gifts-the sacrifice of every firstborn-that I might fill them with horror so that they would know that I am the LORD.
American Standard Version - 25 Moreover also I gave them statutes that were not good, and ordinances wherein they should not live; 26 and I polluted them in their own gifts, in that they caused to pass through ‘the fire’ all that openeth the womb, that I might make them desolate, to the end that they might know that I am Jehovah.
New World Translation of the Holy Scriptures - 25 And I myself also let them have regulations that were not good and judicial decisions by which they could not keep living. 26 And i would let them become defiled by their gifts when they made every child opening the womb pass through the fire, in order that I might make them desolate, in order that they might know that I am Jehovah.
Wat God hier doen aan die Israeliete herinner aan wat hy doen aan Faro in Eksodus:
9:12 But the LORD hardened the heart of Pharaoh, and he would not listen to them, just as the LORD had spoken to Moses.
10:1 Then the LORD said to Moses, "Go to Pharaoh; for I have hardened his heart and the heart of his officials, in order that I may show these signs of mine among them, 2 and that you may tell your children and grandchildren how I have made fools of the Egyptians and what signs I have done among them — so that you may know that I am the LORD."
10:20 But the LORD hardened Pharaoh's heart, and he would not let the Israelites go.
10:27 But the LORD hardened Pharaoh's heart, and he was unwilling to let them go.
11:9 The LORD said to Moses, "Pharaoh will not listen to you, in order that my wonders may be multiplied in the land of Egypt." 10 Moses and Aaron performed all these wonders before Pharaoh; but the LORD hardened Pharaoh's heart, and he did not let the people of Israel go out of his land.
En dan ook aan Saul in 1 Samuel:
19:9 Then an evil spirit from the LORD came upon Saul, as he sat in his house with his spear in his hand, while David was playing music. 10 Saul sought to pin David to the wall with the spear; but he eluded Saul, so that he struck the spear into the wall. David fled and escaped that night.
Hierdie is enkele voorbeelde van 'n god wat mense manipuleer, wat hulle lewens verwoes, net sodat hy vir hulle kan wys wie baas is.
Hoeveel Bybels moes jy deurgaan voordat jy afgekom het op die oneerlike vertaling van die NKJV wat jou pas. Demonstreer dit nie pragtig jou oneerlikheid wanneer dit kom by die gebruik van aanhalings nie. Hoe pateties is jou oppervlakkige lees van die Bybel waarmee en waaruit jy die 'waarheid' vir almal wil voorskryf.
Terloops, Kobus, ek probeer nie jou aandag aftrek van Darwinisme nie. Angus, Wouter, Stephan, Kleinkoos en ander wat baie meer as ek weet van evolusie het jy hard aan die knaters beet. Hulle het nie my hulp nodig nie.
Jy het nou al 'n paar keer aanmerkings soos, "[h]et jy dit ook vir 'n bottel drank aan 'n aap verkwansel?", dat ek dalk die volgende gou met jou moet deel. So vyftien jaar gelede het ek myself, met die hulp van my broer, by 'n kliniek van die NG-Kerk vir alkoholiste ingeboek. Ek was nie gelowig toe en is hulle baie dankbaar dat hulle my gehelp het sonder om eers die Bybel in my keelgat te probeer afdruk. Dit het egter nie van die ander suiplappe daar verhoed, met hulle Bybeltjies styf geknyp onder hulle arms, om vir my te probeer vertel dat ek nooit sal ophou drink sonder God se hulp. Ek het hulle afgelag en vandag dink ek nie eers aan drank nie. Baie van hierdie 'prekers' is vandag dood aan suip of drink net so baie soos altyd.
Voel egter vry om jou 'gesprek' in te kleur met beledigings. Van 'n Christen soos jy verwag ek niks minder nie.
Sjoe! - Is dit hoe laag De Klerk nou weer gegaan het met: "[h]et jy dit ook vir 'n bottel drank aan 'n aap verkwansel?"