Mensdom
’n Land van groen met rommel gestrooi
Shoprite plastieksakke groei soos blommetjies, so mooi
Ons wandel die tuinroetes met die son wat bak
en pepper spray in elke sak
Ons beleef misdaad, verraad en skuld
Ons is prooi van roof en wild
Die tronke is oorvol
en mense bly gatvol
Die Karoo moet nou vrek
omdat Shell daar wil frack
Geen lewe kan duur
deur skending van Moeder Natuur
Renosters word minder en raak weg
bewaarders probeer poachers beveg
Waarom sal mense so duur betaal
vir iets van dieselfde stof as jou eie nael?
REFREIN:
Die mensdom, almal is nie slim
Die meerderheid weet min
Die mensdom kan nie agterkom
dat die mens dink agterstevoorom
Die strikers attack
mense wat wil werk
Skole en huise, there aren’t enough
So kom ons brand dit sommer af
Die leiers baklei kamstig vir die arm mens
maar stop vol sy eie pens
En ontken die skandaal
dat hy miljoene vir sy huis betaal
Luister BEE, jy werk nie meer
want jy kyk op die minderheid neer
Jy neem onbevoegde mense
wat nie kan werk na wense
Ek sê nee
hou op Apartheid skuld gee
Want niemand het jul gelooi
om skoolboeke voor aflewering weg te gooi
REFREIN:
Die mensdom, almal is nie slim
Die meerderheid weet min
Die mensdom kan nie agterkom
hul kan nie optel of opsom
’n Populasie gelaat in die donker
waar mense nie meer wonder
oor kerse se gebruik in ’n tyd
na Eskom en sy elektrisiteit
Ons almal se gesondheid lyk bleek
vir Vigs moet mens net beet en knoffel eet
En al wat dan nog kort
is ’n lekker lang stort
Meer matrieks slaag elke jaar
maar kan niks met 30% gemiddeld maak
Daar’s duidelik ’n gat in die sisteem
en idiote sien nie die probleem
Ons leier het nie eers matriek
en dit maak die mense siek
Hoe kan iemand leier wees
wat nie eers sy ABC’s kan lees?
REFREIN:
Die mensdom, almal is nie slim
Die meerderheid weet min
Die mensdom kan nie agterkom
die wiel draai wanneer die tyd kom
Die land van heuning en melk
Geborg deur belastingbetalers se geld
Word misbruik
vir Afrika-konings en hul koninkryk
Swanger meisies kry meer toelae
as waarvoor bedelaars kla
Die regering is op sy eie eiland
hierdie land is nie meer ons heiland
REFREIN:
Die mensdom, almal is nie slim
Die meerderheid weet min
Die mensdom kan nie agterkom
dat die agterste bees ook sal bykom
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


