Melodie
Giggelend in die stilte soos die son ons bekruip,
vee jy my valse note af en maak my lag.
Jy beklouter my gedagtes sonder my wete
en wanneer ek skielik glimlag
besef ek dat jy ….
Koor
Steeds hier binne rond hang, vlieënde dinge try vang.
Skoenlappers aan die fladder en jou deuntjie speel al harder.
Jy bly in my gedagtes, saggies in my denke speel ek jou oor en oor
om jou woorde weer te hoor.
Jou klanke voer my weg na ’n vrye vers,
waar ek net kan klink sonder kommer of vrees.
’n Melodie wat in my borrel, vir my omstanders ’n fees.
En almal besef dat jy ….
Koor
Steeds hier binne rond hang, vlieënde dinge try vang.
Skoenlappers aan die fladder en jou deuntjie speel al harder.
Jy bly in my gedagtes, saggies in my denke speel ek jou oor en oor
om jou woorde weer te hoor.
Saam vorm ons die mooiste note. Met die ritme as ons parkie,
kan ons rond spring en dans van een oktaaf na ’n ander
en vreugdevolle musiek maak soos nog nooit tevore. Tot jy skielik glimlag
en besef dat ek ...
Koor
Steeds daar binne rondhang, besig om jou hart te vang.
Jou skoenlappers aan die fladder en my deuntjie speel al harder.
Jy bly in my gedagtes en ek is in jou denke.
Ons speel dit oor en oor
om ons liedjie weer te hoor.
![]() |



