Meermin
In ’n sterreruim sonder sterre het jy daardie aand gesê
dat jy ander goed as ek uit hierdie lewenspel wil hê.
In ’n oomblik van waansin het my hartseer jou versmoor;
en die maan – die maan het gekyk hoe jy my net so - koudbloedig – vermoor.
Koor
Dit was een lente-aand op ’n afgeleë strand toe jy my hart soos klippies in die see ingooi.
Dieselfde lente-aand op daardie selfde ver weg strand wou ek net vir jou sê: vir my, vir my is jy meermin-mooi.
’n Paar aande later sien ek jou weer in ’n droom:
jy’t my hand gevat en met ’n glimlag het jou oë met my getoor.
Jy lei my na ’n paradys met ’n strand sag soos satyn,
en dis net daar en dan dat al die sterre skielik weer verdwyn.
Koor
Dit was een lente-aand op ’n afgeleë strand toe jy my hart soos klippies in die see ingooi.
Dieselfde lente-aand op daardie selfde ver weg strand wou ek net vir jou sê: vir my, vir my is jy meermin-mooi.
Brug
Jy’t my hart gesteel met jou skaterlag
en met hoe jou oë deur my siel kon kyk.
Jy was my suiderkruis en my aandster op daai strand - een donker nag.
Met jou glimlag het jy my siel bekoor,
ek het my hart heeltemal in jou melkweg verloor.
Maar met daai smile – my meermin – is nou weer eens die een wat laaste lag.

![]() |