Meerderheid of minderheid?

  • 4

Ek plaas in dispuut dat die meerderheid regeer in SA. As daar 25 miljoen geregistreerde kiesers is en die meerderheidsparty het 11,5 miljoen stemme gekry, word ons werklik deur 'n populêre meerderheid of minderheid stem regeer? Maak self jul somme en afleidings uit aangehegte inligting. 

Verder, my vroeëre stelling dat die meerderheid stem deur impotente klein opposisie-partytjies vermors word, is ook ooglopend uit aangehegte inligting. 

Dit bring my by my vroeëre vraag: Het SA 'n leierskap wat hierdie vermorste meerderheidstem verenig met 'n duidelike politieke ideologie anders as liberalistiese sosialisme? 

  • 4

Kommentaar

  • Met die proporsionele kiesstelsel word geen stem vermors nie,elke stem tel en maak wel 'n verskil.

  • Hans.
    Jy moet waak teen slagspreukpolitiek soos hierbo waar jy sê dat die opposisie "liberalistiese sosialisme" voorstaan. Dis die swart massa se voorkeurpolitiek, gepaardgaande met die ge-toi-toi. Die grootste opposisie party nl die DA bedryf alles behalwe "liberalisitese sosialisme" in die Wes-Kaap waar hulle regeer. Hulle ekonomiese beleid is op suiwer kapitalistiese beginsels geskoei.
    Suid-Afrikaanse politiek word al hoe meer opwindend, noudat alle aanduidinge toon dat die DA vining op pad is om ’n nuwe regering binne die volgende sewe jare te vorm.

  • Hans Richardt

    Jaco Fourie, op watter planeet woon jy? Die DA het geen beleid anders as ANC nie. Die DA veg voortdurend oor hoe die ANC hul eie beleid toepas. Die Wes-Kaap se beleid is nie buite die van die ANC nasionale beleid nie, dis wetlike onmoontlikheid. Dis dalk net goeie voorbeeld van goeie toepassing van die ANC-beleid.

  • Hans

    Jy stel jou ooglopende onkunde oor omtrent alles wat jy hier op die Sê kwytraak vir almal om oor te lag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top