"Meer nodig as ooit" deur Donovane van Dyk

  • 0

Vers 1:
Ons skip het geseil en gaan sink in die stil oseaan
My hart voel so leeg sonder jou in die winter seisoen
Dis die traan oor my wang wat wys ek verlang
Net jou foto in my hand …
My hart voel die seer jy’s al wat hy begeer
En my lief ek dink aan jou

Refrein:
Want ek het jou nou meer nodig as ooit, as my hart hier flenters lê
En die woorde wat ek se so leeg soos die wind
Ek was nog nooit so alleen
Ek het jou nou meer nodig as ooit

Vers 2:
As die golwe so slaan teen my kajuit en die rame van my hart val uit mekaar
Ek vra myself die vraag of dit vir jou is wat ek wag - soos Aspoestertjie vir middernag
Die klok gaan nou slaan as haar glas skoen val en in duisend stukke breuk nes my hart
As ek net kon bly glo in feë verhale soos in my kinder dae sou dit my baie seer spaar

Refrein:
Want ek het jou nou meer nodig as ooit ,as my hart hier flenters lê
En die woorde wat ek se so leeg soos die wind
Ek was nog nooit so alleen
Ek het jou nou meer nodig as ooit
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top