Daar is die Tankwa-padstal met gemmerbier wat verder gis in hitte. Jy sal onmiddellik die gevolge voel. Wees gewaarsku, daar is geen bosse, as jy lighoofdig die nodige moet doen. Ook geen selfoondekking nie. Ek is seker jou gemoed is veel ligter as jy uiteindelik die teerpad tref tussen Calvinia en Nieuwoudtville.
Liefde en groete van huis tot huis.
Hans Richardt

