Maya, Sa is moertoe! Setsidifatsi in Verre Oosrand-hospitaal!

  • 2

Ons het Vrydagnag die baba gered uit die vrieskas langs enigste toilet in erf in Daveyton! Pasgebore en yskoud!

Ek het haar Setsidifatsi Doe genoem! Arme ding was so koud, sy het haarself beskyt toe haar naelstring geknip was by kliniek en sy bietjie hitte gevoel het. As ek as apartheid-polisieman regtig so wreed was, sou ek mos geglo het in 'maak hul dood voor hul groot is'??

Baie wanpersepsies op LitNet en in Sa?

 

'n Hond draai om en lek haar werpsel skoon?

Ek het in die nag ‘n klere donasie gekry by 'n lastige klaagster, wat ek aangesê het om 'n prokureur vir huweliksprobleme te gaan sien! Nou ja, Setsidifatsi het lewerprobleme agv die onbekende dronkgat ma. Een van die hepatitis A tot by F variëteite en ook Aids. Sy kon blykbaar nie melk inhou nie!

Wel, daar is rotte rondom daai stink vrieskas, soos miniatuur Dobermans!

So begin 'n agtergeblewe lewe in vrieskas in demokrasie, tweede hands?

Wie dra politieke skuld nou, in kleptokrasie?

Hans

  • 2

Kommentaar

  • Hans, daar is baie wat skuld het, maar solank as wat jy positiewe bydraes kan maak moet nie dat die negatiewe jou onderkry nie. Jou deernis (onder 'n hardegat uiterlike) het my ontroer. Dit klink so na niks, maar mag dit met jou goed gaan en moet nie jou bydrae onderskat nie.

    Vannag gaan ek weer rustig slaap en dit is aan manne en vroue soos jy te danke.

    George

  • Ja, deesdae kan mens nie meer die "fat rats" van die "fat cats" onderskei nie.  Miskien het ons meer "fat cats" nodig om die "fat rats" onder beheer te hou.  -sug-

    Maya

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top