Maya, ek het ook al gedink wat die beste vertaling vir die Ingelse woord "implode" is. Soos dit maar is, is Afrikaans die taal wat die mees beskrywendste taal is waaraan ek kan dink. Elke woord kan jy aanpas en verbuig om te pas by 'n geleentheid. Ek sal probeer om jou woorde te gebruik en 'n situasie daaraan te koppel.
Implodeer is 'n direkte vertaling wat gebruik word in beskaafde gematigde situasies. Inval word gebruik met 'n voorwerp of iets wat kan intuimel. Inplof is soos 'n plofbare entiteit wat in stede van uitmekaar spat inmekaar val.
Siende dat jy die huidige politieke situasie in die land noem wat inplons is my beskrywing as volg. As ek dink aan plons, dink ek aan 'n "longdrop". Die vertaling vir 'n "longdrop" is 'n plonspoef. As ek dink aan ons politieke situasie is inplons die mees korrekte beskrywing. Daar is nie 'n ander woord waaraan ek kan dink wat die inmekaar moer van die politieke bestel in die land meer noukeurig kan beskryf nie. Dis 'n poefstorie wat gaan inplof of ontplons.
HKGK
Reusedwerg

