Is dit die tipe erotiese kapitaal waaroor Riette Rust skryf? Help nie die een beledig die ander, maar is in wese voëls van eenderse vere nie. Ek weier om te glo dat sg intelligentsia hul perverse innerlike hier uitstort. Hoeka het Maya veel te sê gehad oor my hippie ideale vrou, met lyfhare, eie Big Bobber, wat Texan plain rook en Ströh-rum drink. Myne is ’n geykte grap, Maya praat asof sy Mr Delivery gereeld gebruik. Vader, as die reuk van ’n publieke stronthuis ’n opkikker is, dan het ’n man se smaak in die stront geval.
Hans Richardt

