Maya, het jy nog 'n bloeiende hart?

  • 1

As 'n hart breek, bloei dit? Ek het ongenooid by 'n 'reformed' sinagoge ingeloop op 'n Saterdagoggend in Jerusalem, na 'n bom die vorige aand ontplof het. Ek het 'n yarmukel afgehaal en gaan sit. 'reform' in Jerusalem is 'n Joodse 'sekte' waar vroue en mans gemeng sit. In ortodoks en ultra-ortodoks moet vroue agter ’n afskorting met ’n pruik op sit. Die rabbi het oor Dawid, as moordenaar vir sy drifte en drange gepraat, wie sonder 'n bloeiende hart oor sy optrede, tog guns in oë van Haschem kon kry. Maw, hy het gedoen wat hy gedoen het en het nie met ’n skotteltjie rond gehardloop om jammer te sê en voete te was nie.

Dit is my grondslag in lewe en boodskap wat ek in die 'heilige land' vir my gebroke hart gekry het op daai herfsoggend. Ek het dit ter harte geneem as my credo in die lewe en my egskeiding afgehandel. Uit praktiese ondervinding in die 'heilige land' was, dat vroue geen geloofsopinie het nie, daarom hul ondergeskikte rol in Rooms Katolieke kerk.

Ek sal wedergebore word, as 'n vroulike Pous in Vatikaan sit. Tot dan is daar mos diskriminasie in God se hiernamaals.

Hans Richardt

  • 1

Kommentaar

  • Hans, wanneer 'n hart breek spat hy in 'n miljoen klein skerfies en is daar nie kans vir bloei nie.  Jy begin op 'n punt en jy begin heg en wanneer dit weer soos 'n hart begin lyk doen jy 'n "mindchange".  Jy begin oor, en voor, en dit is dán wanneer jy besef dat 'n hart baie plek het vir nog bietjie omgee en seerkry.  'n Omgeemens se pyn is eindeloos.

    🙂

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top