Maya, ek rook Dingler's alleenlik. Ek besit Leonard Cohen, maar is ’n groot Bob Dylan-versamelaar en luister liewer Don Williams en Bruce Springsteen. Ek werk afgesonderd vir ’n “baas” en bid vir aftrede om snel te kom. Enigste gewese vrou en ek, is geskei met grondige rede. Die res was nog net “passing ships in the night”, maw hul lyk reg op papier, maar as veneer in werklikheid afkom, is VERKEERD. Ek is nie ’n “christen” nie en sal nooit een wees nie. Ek dink Israeli vroue is “headstrong”/eiewys, SA-vroue net bipolêr, met ’n konstante sinusgolf van “voel goed” of is “terneergedruk”. Ek is oor 50 en is nog aan skraal kant, ’n teiken vir al die 4x4 met karavaan-gatte SA-vroue, vader weet waarom. Maya, ek glo dat geen “vriendskap” op my ouderdom kan werk nie, sonder bevrediging in intieme verhouding nie. Dis die enigste band wat ons emosioneel kan bind. Ek is nie net ’n vriend met ’n vrou nie, want dis sinneloos. Moffies het vroue vriendinne. Ek dink aan vroue kennisse. Dus, Maya, jy is nie ’n hippie in wese nie en ek dink ek en jy sal ’n moerse ramp wees, want jy het klaar ’n oorkontrolerende houding. Sien Maya, ek en eks-vrou het “great” seks gehad, maar was nooit soliede sielsgenote agv haar bipolariteit was ek haar grootste vyand. Gesamentlike doelwitte is belangrik en daar moet ’n “spark” wees as mens mekaar sien of ’n drukkie gee. Goeie vriende met meganiese seks sonder satisfaksie is tydmors. Hippie-wees is veel meer as net vingertekens en klere en jy is oningelig. Deesdae word hippies, mense met ’n permakultuur-leefstyl, “groenes” genoem. Dan Maya, ek voer my voëls saad wat ek by voëlplase van rakke koop en jy bliksem dus heeltemal uit bus as jy dink ek is dwelmafhanklik. Enigste “dwelm” is my chroniese medikasie, wat 1 tablet voorgeskrewe en mediese fonds-goedgekeur is. Nee Maya, ek soek met doelgerigtheid na wat ek wil hê en is nie meer tevrede met wat SA-vroue as geyk smous nie. As ek dan reeds my handskoen maat ontmoet het, is dit tyd dat sy tasbaar realiseer in my saai lewe. Sien Maya, ek gaan as werklikheid in toekoms aftree op my plek, waarvoor titelakte in my kas lê. Intussen sing ek saam met Rodger Whittaker “I don't Believe in If Anymore”.
Hans Richardt

