Maya, ek mis my 2 katte!!

  • 0

Ek wie kathater was, mis vir Koos en Katrina, my 2 swartpoot grys katte! Die 2 was erg destruktief, maar as ek moeg en gatvol inloop na lang nagskof, was hul altyd baie opgewonde by voordeur. Net vir vinnige vryfie en honger maaiw by bederf kosbak vir natkos ontbyt!

In woonstelletjie op 3de vloer, was dit dalk selfsugtig om hul aan te hou en dit was bietjie bedompig.

My punt, ek weet nou katte het elk eie unieke persoonlikheid, maar wat ek meeste mis, is Koos se getroue skouermassering as ek moeg in bed klim! Katte is absoluut lojaal, hul gespoeg en blaas as vreemdeling kom kuier het of vloermoer vir vreemde kat, was snaaks! Wat ek nie mis nie, is daai 'zen tuin' se skoonmaak!!! Of Koos se oorbel lekke, met daai skurwe tong en stink asem en stert kant as hy op my gesig gesit het, om te sê 'word wakker'!

Hans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top