Maya, bly jy in Tshwane?

  • 0

In Ndebele is tshwene ’n apie. Ek wonder nou oor Tshwane se verwantskap aan tshwene en die betekenis van Tshwane? Ekurhuleni beteken plek van baie water, want daar is horde ou myndamme wat nou afvoerwater opvang. Dalk moet jy ’n nuwe nom de plume daar in Tshwane kry Maya? Thaba Tshwane is mos vorige Voortrekkerhoogte, wat eers Roberts Height was? Nou ja, wat was dan historiese Pretoria en wat was voorheen klein dorpies rondom Pretoria? Eintlik is die geografiese paar strate van Pretoria, nie ’n stad nie, maar net neffens die plein. Ek het ook nie ’n saak met die naam nie. Ek vereenselwig dit nog met ou rooi baksteengeboue, rokende busse en manne met dik snorre en ’n tas vir samies in crimplene safaripakke en Grasshoppers. Ook die Kerkstraat-bom. Nou ja, Pretoria was nooit ’n plek waar ek gemaklik gevoel het nie.

Hans Richardt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top