Matriekuitslae en onderwys

  • 0

Partymaal kan ek net my hande saamslaan in ongeloof oor party mense se onnoselheid. Hier praat ek nou nie van FW nie, maar wel van een of ander “slim” mens op die TV (of is dit nou radio).

Die was van mening dat die privaatskole met hulle uitstekende uitslae moet hande vat met die ander hoofstroomskole, sodat die wenresep van privaatskole uitgevoer kan word deur die ander.

Liewe aarde mens maar rerig, is daar dan geen realiteit tussen jou ore nie?

Geen drank en dwelms word in privaatskole toegelaat nie.
Onderwyspersoneel word in privaatskole gerespekteer.
Kinders wat nie luister en reëls nakom nie word gestraf.
Indien ’n kind ’n ander kind aanval met ’n mes sal hy/sy geskors word.
Indien ’n seun ’n meisie verkrag sal hy geskors word.

En so kan ek aangaan tot die koeie huis toe kom.

By die gewone skole is dissipline ’n problem, en daarom sal dit nooit by die gehalte onderwys van ’n privaatskool kan kom nie.

Om te verwag dat wenresep oorgedra moet word is stupid-onnosel.

Jip Jan Rap, ’n klompie jare terug sou dit, wonder wat het verander.

Ai toggie

Stefan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top