Masker
agter ‘n duisend horisonne
kruip ek weg
sielsverdrukkend
hartsverstikkend
die een wat die masker dra
‘n boek sonder ‘n storie
dis my lewe
in ellende
die onbekende
die een wat die masker dra
koor x2
ek dra die masker
ek dra die gewig
ek word groot in die skuilplek
ek sien nie die lig
splinterstukke, ‘n gebreekte glas
spieëlbeeld van niemand
onverstaanbaar
onverklaarbaar
die een wat die masker dra
individualisme vergeet
wie ek regtig is
dis vergete
geen gewete
die een wat die masker dra
ek hou jou buite
jy is nie welkom nie
want ek is die een wat die masker dra
koor x2
![]() |



