Marx’s op pad terug

  • 0

noulat COPE hul oud-neo-Stalinis verloor’t,
ANC uit Mangaung, Lawaaihoek gat lawaai,
SABC als agitproplik, eeufeeslik, uit gat saai,
vrye pers, vir ’n wyle, vry in en uit kan asem,
Moeder Afrikaans “isiBhulu”-mantel af wil skud,
taalgelykheidsbeleid, ’n nastrewenswaardigheid,
Afrikaanses uiteindelik tot Kontinent toegewyd,
Moederlandliefhebbend, altruïsties-patrioties

keer Marx, sowaar, skimagtig, terug,
warm teorieë van “ras” en “klas” op,
illusies, pseudo-fiktiewe fiksionaliteite,
asof enigiemand een definisie van elk,
uit duim uit kan suig, optower, verbeel

span selfs kapitalis Marx se faux pas in,
verbeel hul “ras” en “klas” maak sin,
asof’t heerser langer aan bewind hou,
asof geklassifiseerde ooit klassifiseerder,
rassis ooit objek, van eie optowerteorie,
met eie vooruitgang sou wou vertrou,
via “ras” en “klas” ’n beter verhouding,
tussen voorheen verdeeldes, oud-vyande,
demokrasie vir die meerderheid sou bou

toeka was tydsgees oudskool, outyds,
tradisioneel konserwatief, behoudend,
enigiets tussen verkramp en verkrimp,
soos’t goeie kerstenmense sou betaam

God sedert Bloedrivier aan inkommerkant,
al’s Gelofte stilswygstuiptrekkingsgewys,
soos allie anner “Duiwelspiek”-trieks,
ergens, in vergetelheidsgraf toegegooi

moes Herrenvolk Marx se denke ietwat plooi,
solat Pirow, Malan, Verwoerd, Vorster, Botha,
ooglopend oorhoeks, gefassineer, deur’t was,
etno-nasionalisties, proto-fascisties, rassisties,
uiting kon gee aan God se Wil vir hul, Beloof,
lat hul “Duiwelspiek”-dissipelkweekskool, eish,
enige regdenkende se hare regop sou laat rys,
probeer t’beweer, hul’s reg, so te segregeer,
aan joiners, oor grense heen, steun t’verleen

van vroeg af’s struktuurgeweld deur burgers aangewend,
in gewillige dienaars, dienaresse, slawe se koppe ingeprent,
soos een boos spel, geheimsinnig, wetenskaplik-onmenslik,
mede-Mens, mede-“gelowige”, deur onkunde-ontkenning,
by wyse van spreke, deur super-ultra-onmenslik optrede,
elk stuk boosheid, sosio-ekonomies, in Gods Naam ingespan

voorheen-bevoorregtes nog voorkoorlik voor,
wynplaaslik eksklusief, strandhuislik privaat,
vierwiellik ietwat verhef, bó neo-proletariaat,
per stuk van sake net so onkunde-ontkennend,
onvergeeflik-onvergewensgesind, lafhartig,
as allie anner opportuniste, fortuinsoekers,
onbewus, dat meerderheid Marx se muse is

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top