- Kry ’n mentor, iemand wat jy kan respekteer en vertrou en vice versa. Alle groot musikante en skilders het mentors gehad en baie daarby gebaat.
- Lees Groot verseboek ’n paar keer; jy moet die tradisie waarin jy dig, goed ken. Dis een van die belangrikste lesse wat ek geleer het.
- ’n Gedig gebeur nie vanself nie – sit op jou gat en oefen en skryf en oefen en skryf. En hou al die weergawes van jou werk. Gaan dit gereeld na, sodat jy jou skryfproses kan leer ken en verstaan. Ek kon al heelwat van my eie kortpaaie, asook struikelblokke, in die kreatiewe proses so identifiseer.
- Wees eerlik, nie noodwendig feitelik nie, maar emosioneel, en moet veral nie onderwerpe aanraak wat onbekend is aan jou nie.
|