Hello,
Gister was die begrafnis.
Margaret Thatcher: 13 October 1925 tot 8 April 2013
Die volgende volg die ontleding van Thatcher se lewe soos dit deur die Times of London gepubliseer was en soos verwag kan word was die nuusblad se dekking oor Thatcher gedetaileerd is hierdie 'n klein porsie van die dekking. Rupert Murdoch homself het eer betoon aan Margaret Thatcher, synde News Corporation die eienaar van Times of London & London Sunday Times is.
Die dekking begin om aan te dui dat Margaret Thatcher een van die grootste Britse politici van die 20ste eeu was. Met die verkiesing van Thatcher was Thatcher se taak om die konsensus wat in na-oorlogse Britse politiek die standaard was ongedaan te maak en dit te vervang met 'n beleid van vrye onderneming. Thatcher se doelstelling was om Brittanje te red van die verswakte toestand waarin sy geglo het Brittanje was in daardie stadium en 'n teenvoeter te bied teen sosialisme asook "beheer terug te gee aan mense oor hulle eie lewens en oor hulle bestaan".
Die mening van die Times is dat Thatcher het nie daarin slaag om al haar doelwitte te bereik nie.
Daar bestaan nog steeds argumente of Brittanje se onderliggende ekonomiese prestasie onder haar premierskap werklik blywende resultate gelewer het veral in die lig van die ekonomiese krisis van 2008 en die drastiese afskaling van die vervaardigingsektor in Brittanje.
Dit word ook bevraagteken of die rigting wat Brittanje ingeslaan het nie die marginalisering van Brittanje in die Europese Unie tot gevolg gehad het nie en so ook die verdeeldheid veroorsaak deur Thatcher se benadering tot sosiale aspekte en beleid in Brittanje en les bes, in die politiek as 'n geheel.
Alhoewel dit aanvaar kan word, moet dit ook gestel word dat Kinnock, Smith en Blair, groot gedeeltes van Thatcher se beleid behou het en nie terug gerol het nie.
Daar kan aangevoer word dat Thatcher Brittanje met fors in die moderne tyd in forseer het.
Van die lofprysing uit Rupert Murdoch se pen is soos volg en dalk verteenwoordigend van die tipe van positiewe kommentaar. (Dink daaraan hy het tyd gemaak om die skryf)
Mrs Thatcher understood that risk was a vital ingredient in a free enterprise society. She understood that such a society had to be led by a government with backbone. She held firm in pursuit of her belief in aspiration, in the power of individual people to make the most of their talents to improve their own lives and those of their families and of society.
Mrs Thatcher was cast as the Iron Lady, an epithet that reflected her strength, but not her undeniable warmth. She was undoubtedly one of the most important figures in the 20th century. After the Second World War, in which the country lost a second generation of its finest men, Britain had created a dependency state. It killed off aspiration.
In 1979 Margaret Thatcher set about its rehabilitation. She put the economy on a sound footing, she ended a culture of crippling strikes, she encouraged entrepreneurs to come here and set up their businesses.
Thanks to her I have experienced in Britain many of my defining moments as a businessman, a Britain that is far more successful as a result of her brave leadership.
Daar kan ook na Thatcher se buitelandse suksesse gekyk word en kan dit soos volg verwoord word:
Dit was Thatcher se oortuiging dat die bedreiging vir vrede gekom het nie gekom van kernwapens nie, maar van die volharding van totalitarisme. Dit kan aanvaar word dat sy reg was? Thatcher beskryf die 'Soviet Union', as “a reversion to the most odious kind of age-old tyranny, supplemented by the technological apparatus of totalitarianism”.
Met die ineenstorting van kommunisme word bogenoemde inslag van haar bevestig en word haar beleid geregverdig met die sukses waarmee kommunisme die hoof gebied is en die verhouding met Ronald Reagan 'n gedugte genootskap en is die merk wat daardeur gelaat is nie te betwyfel nie.
Helmut Kohl nou in 'n rolstoel na 'n beroerte beskryf Thatcher soos volg:
"She was a great woman. I am full of respect and awe. She was one of the most consummate British prime ministers that ever lived. In many situations and disputes over the economy, she stood her ground."
Die volgende is seker nou vergewe en vergeet:
Die Financial Times in hul dekking verwys na die rampspoedige verhouding met Duitsland:
With Germany, Thatcher switched too late. Not only did the UK irritate a key ally that had behaved impeccably for 45 years. Worse, by picking the wrong battle, Britain in that crucial winter of 1989-90 missed its best chance to strangle the euro at birth. Few Germans wanted monetary union. Kohl in October 1989 had told Mitterrand the time was “not ripe” for it. However, the French wanted it, and in Strasbourg Mitterrand dropped his own opposition to German reunification in return for Kohl giving him a European currency.
Hoe anders kon die geskiedenis nie gewees het nie. Nie 'n Euro in sig nie en sou Griekeland nooit so maklik kon geld leen as wat dit Euro's kon doen nie.
Daar is baie meer kritiek en lofprysing as wat hierdie beperkte brief kan poog om te bied, maar Der Spiegel byvoorbeeld lewer die volgende kritiek onder die volgende hoof:
'Thatcher's Dogma Paved Way for Financial Crisis'
Margaret Thatcher enforced essential reforms to revive the British economy, but the nation paid a heavy price for her rigorous laissez-faire dogma, German editorialists write on Tuesday. Thatcherism no longer provides solutions to today's problems. In fact, they argue, it even caused some of them.
Conservative Die Welt writes:
She helped ready Britain for the growth of financial market capitalism -- and helped drive her country to the brink of deindustrialization. She slapped limits on EU expansionists and kept a sharp eye on efforts to turn the EU into a superstate -- and in doing so discredited the EU in her own country. Without her steadfastness, Ronald Reagan's strategy against the Soviet Union may not have succeeded -- but when it came to German reunification, she, a child of World War II, remained insensitive and negative."
Center-left Süddeutsche Zeitung writes:
"After her forced resignation in 1990, she was asked what she had changed as leader of the country, and she answered with one word: "Everything."
"That wasn't wrong, but it was so immodest, so un-British, so devoid of all understatement that it almost seemed ill-mannered. But that one-word, crowing answer probably provides the key to understanding this woman. She was never the cool Briton, the well brought-up daughter of strict parents with strict rules and regulations. She was always a rebel."
Business daily Handelsblatt writes:
"The prime minister's most momentous act was perhaps the 'Big Bang' with which she liberalized Britain's strictly regulated financial sector. The move triggered the massive boom of the City of London and made a lasting impact on Britain's economy. Freed from all their chains, traders and bankers gave the entire economy fresh momentum: Between 1993 and 2006, the British economy grew by 2.8 percent on average per year while unemployment fell from nine to four percent."
"But since then, the world has learned the extremely painful lesson that absolute faith in self control and the self-healing power of free markets was a mistake. The Big Bang was followed by the Big Bust. Thatcher's laissez faire dogma was the intellectual basis for the wild growth of the financial sector that ended up leading to a major crisis."
"Now Britain is paying the price for the one-sided faith of its politicians in the service sector. Today Prime Minister David Cameron and his Finance Minister George Osborne are enviously looking at the industrial core of the German economy. The structural change after the financial crisis has hit Britain hard and its economy has been on the brink of recession for many quarters.
Die Financial Times bespreek ook die 'vernietiging' van die vervaardiging sektor:
But much of British industry failed to adapt and survive. Manufacturing accounted for around 26 per cent of economic output when Thatcher came to power in 1979; in 2011 it was 10.8 per cent, up slightly from a low of 10.5 per cent in 2009. It employs 2.6m compared with 6.7m in 1979.
“She has done untold damage to manufacturing and we are feeling that adverse impact even today. She closed down the mines and let a lot of heavy industry go to the wall. She didn’t encourage manufacturing the way Germany did.”
Nee is 'n ander mening:
“The demise of British manufacturing in our area, the Midlands, was not down to her at all. In the Thatcher years, it shrank from 26 per cent of the economy to around 22 per cent. Under Labour, it fell from 18.4 per cent in 1997 to 10.6 per cent in 2010”.
Laastens kan daar kort opmerkings oor Thatcher as mens gemaak word.
In 'n onderhoud bied sy die volgende:
“A mother cannot reasonably expect her grown-up children to boomerang back, gushing cosiness, and make up for lost time. Absentee mum, then gran in overdrive, is not an equation that balances.”
“Look you can’t have everything. It has been the greatest privilege being prime minister of my country. Yes I wish I saw more of my children. We don’t have Sunday lunch together.” Then she added, “I can’t regret. And I haven’t lost my children. They have their lives. I took a different life.”
Volgens die Times die volgende ook:
“She spent her time just telling the nurses how appreciative she was. The problem is, people look at her and see her as this formidable international figure, and she is actually just a very nice, elderly lady, like everyone else’s grandmother.”
Hiermee word afgesluit.
Ek moet erken dat tesame met Ronald Reagan en van die politici hier, het sy my jeug gekenmerk en is sy daarom een van die eerste internasionale figure waarvan ek bewus was. Daar is baie van my ouderdom wat as tieners haar ontdek in die laat 80's en intens bewus was van haar. Daarom het die Times drie persone uit daardie tydperk gevra om hulle ervarings te beskryf. Hierdie is in 'n mate my weergawe daarvan.
Ander aspekte wat nie aangespreek is nie, is Thatcher se invloed op die kunste.
Hier word verwys na drama, film en ook musiek.
Wat ek uit daardie tyd kan onthou is 'The Specials' se 'This town have become a ghost town', The Jam se 'town of malice', The Smiths. Of die film, This is England. So ook Billy Elliot en dan natuurlik die onlangse 'The Iron Lady'.
Dalk was sy nie verkeerd nie en het sy alles verander of dan baie sterk beinvloed en so dit tog verander.
Kan dit wees?
Verstommend.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Hello
'n Goeie rendisie. Ek het altyd van Margaret gehou, en selfs vandag glo sy was nie verkeerd nie. Britanje sou in elk geval nie die vervaardigingssektor kon ge-handhaaf het nie, nieteenstaande Thatcher nie. Britse produkte op die internasionale markte was nie meer mededingend nie, en was op staats-subsidie afhanklik om te kon oorlewe. Britanje was eens die grootste skeepsbouer in die wereld, vandag nie meer 'n faktor op die internasionale markte, als voorbeeld. Ander lande kon mettertyd skepe goedkoper vervaardig as die Britte.
Wat ons in hierdie land het, is twee soorte ekonomie. Sosialisties aan die eenkant, en suiwer kapitalisties aan die anderkant op raslyne gedrewe.
Die swart bevolking het hulle lewens onder die sosialistiese stelsel heelwat bevorder sedert 1994, deur grootskaalse staat- indiensneming en die BEE afpersing op die private sektor, terwyl die blankes, vereers algehele verarming in die gesig gestaar het, maar noodgedwonge as gevolg van staats marginaliseering, rasse diskriminasie gedrewe; gedwing was om op eie vernuf die pad van entraneurskap onder hulle te bevorder, en tog met goeie resultate. Werkloosheid nieteenstaande onder blankes bly heelwat laer, persentasie gewys as onder die gekleurde rasse. Ek is van mening dat hierdie werkloosheids persentasie-syfer onder blankes nog verder gaan daal en groter onder die massas gaan word, tensy entrepeneurskap onder hulle nie bevorder word nie, en per implikasie, die suiwer kapitalistiese stelsel ook mettertyd bevorder word. 'n Verdere gevaar van die sosialistieser stelsel onder swartes is hoër spanning tussen die rasse ten gevolge, waar gesien word dat blankes steeds die toppunt van die ekonomie handhaaf, 20, self 25 jaar en langer na demokrasie.
Die ruggraat van swart entrepreneurskap (swart elite) is meerendeels die gevolge van grootskaalse korrupsie, ten gevolge tot swak qualiteit werks-aflewering (Malema as voorbeeld) .
Indien die sosialistiese stelsel gehandhaaf word, gefundeer deur 'n klein persentasie van die private sektor (hoofsaaklik blank), sal arbeids en rasse onrus meer toeneem waar die aanvraag vir geld om die sosialistiese stelsel te fundeer, nie meer genoegsaam gaan wees nie. In die proses word die vakunies se mag al hoe meer sterker as die staat se mag om rigting aan die ekonomie te kan gee, soos dit die geval met die pre-Thatcher era in Britanje was. Vandag, te danke aan Thatcher, bly die vakunies nie meer 'n faktor in hulle ekonomie nie.
Die enigste sukses vir ons ekonomie en sosiale aangeleenthede vir die toekoms is om dit geheel en al non-rassisties te integreer, meriete gedrewe, en alle ras-diskrimineerende wette rakende die ekonomie van die wetboek te verwyder.
Jaco Fourie
Die verskil tussen slim wees - intellektualisme - en intelligensie, is dat die intelligensie wel perke ken ('n variasie op die wysheid van Albert Einstein) ... gaan hierdie histeriese intellektualisme en eindelose spoeg en plak van die slim Wouter, ooit 'n perk ken?
Hello,
Hello Jaco
Hello
Hello
Beste Wouter
My persoonlike siening oor die ekonomie is vir suiwer ras-ge-integreerde kapitalisme. Jy skryf: “Ongemaklik soos dit ook al mag wees om te hoor, het apartheid direk hierdie ongelykheid veroorsaak en is dit 'n groot uitdaging om dit nou te herstel”.
Eerstens jou stelling: “dat apartheid het DIREK hierdie ongelykheid veroorsaak” is nie juis nie. Sedert blankes hier in SA aan wal gekom het, was anderskleuriges nooit gelyk aan die blanke ekonomie gewees nie. Die ander rasse het eers ‘n non-monetere ekonomie gehandhaaf, hoofsaaklik ruilhandel, en daarna ‘n segment daarvan ‘n kneg meester ekonomie, waarvolgens die anderskleuriges knegte teen (powere) vergoeding was. Wat Apartheid hom wel aan gros skuldig gemaak het was om nie genoegsaam te doen vir die ekonomiese opheffing van sy anderskleurige bevolking nie, asook om sekere ekonomiese geleenthede vir hulle te ontse. (Nieteenstaande, Indiers in soortgelyke omstandighede, wat selfs grond onder die apartheid bedeling nie toegelaat was om te besit nie, het hulself heelwat beter opgehef in vergeleke met swartes wat stamgronde gehad het en tot vandag nog, net ‘n “subsistence” bestaan daarop uitvoer.).
In dieselfde sin skryf jy: “en is dit 'n groot uitdaging om dit NOU te herstel”. Wat is jou voorstel dan, gesien die ANC regering dit na 20jaar nie kon regkry nie? Gryp, besteel en vat soos in Zimbabwe, en ons het gesien hoe ‘n florerende ekonomie ten gronde gegaan het met die bevolking slegter af vandag as voorheen?
Margaret Thatcher het gese:
“I think we have gone through a period when too many children and people have been given to understand "I have a problem, it is the Government's job to cope with it!" or "I have a problem, I will go and get a grant to cope with it!" "I am homeless, the Government must house me!" and so they are casting their problems on society and who is society? There is no such thing! There are individual men and women and there are families and no government can do anything except through people and people look to themselves first. It is our duty to look after ourselves and then also to help look after our neighbour and life is a reciprocal business and people have got the entitlements too much in mind without the obligations”.
Klink dit nie bekend hier in SA nie? Indien die regering nie genoegsaam vir die massas doen nie, word gestaak, ge-toi-toi, eiendom beskadig, ens. Presies soos dit in die pre-Thatcher era in Engeland was. Daar kom binnekort ‘n tyd dat daar nie meer genoegsame fundeering vir die regering se sosialistiese benadering te fundedr nie.
Die ANC spog dat hulle werksgeleenthede die afgelope 20 jaar geskep het. Ja, vir die swartes deur die blankes van hulle werksposte uit te skop, en met swartes te vervang. Dis nie werkskepping nie, dis werksverruiling. Niks was vir die blankes gedoen nie. Hulle het op eie vernuf van vooraf eie besighede geskep, en in die proses die werklike nuwe werkskeppers vir die land geword. Die ANC het toe deur wetgewing blankes geforseer (BEE) om swartes in diens te neem, wat verdere werksgeleenthede vir blankes ontse het.
Swartes het vandag ‘n honger vir geleerdheid. Die universiteite en tegnikons word oorstroom. Nuwe universiteite is in die vooruitsig. Statistiek S.A. se sensus vir 2011 het dit dat 30% van die 52mil bevolking onder 15 jaar is, dws. oor die volgende 15 jaar moet werksgeleenthede vir 15mil (30%) geskep word, bo en behalwe die bestaande bevolking tans bo 15 maar onder 45jaar wat ook in die arbeids mark is. Na al die grade en diplomas bekom is, waar is die werksgeleenthede vir hulle daarna? Gaan apartheid steeds daarvoor geblameer word?
Wat verby is is gedane sake. Apartheid is in die verlede. We must now get down to BUSINESS. Die reg en verkeerd van die verlede mag nie meer op die prioriteits lys wees nie. Dit gaan nie geld in enigeen se sak bring nie, net onnodige verdeeldheid.
Daar is baie groter en belangrike prioriteite. Staatsbeplanning moet eerder op van die volgende fokus:
1. Entrepreneurskepping moet die land se eerste prioriteit wees. Entrepreneurs skep die meeste werksgeleenthede, nie die staat nie.
2. Die mag van die vakunies moet gebreek word, soos die geval in Engeland was. Hulle buitensporige eise, met die dienooreenkomstige produksie verliese, veroorsaak inkomste verliese vir die land, vir die inkomstegaarder, die indiwidu asook die entrepreneur. Die newe effek is hoer inflasie wat ‘n “catch 22 situation” van vooraf weer laat plaasvind.
3. Ons produkte moet op die internasionale markete mededingend wees, wat kapitaal en arbeid insluit. Sjina het ons plaaslike kledingsproduksie-mark vernietig met hulle goedkoop ingevoerde kledingstukke, en dit is besig om in ander sektore van ons produksie in te werk. Een van die redes hoekom hulle dit kan regkry, is hulle plaaslike goedkoop arbeidsmark. (Is dit ook apartheid se skuld?)
4. Stam trustlande moet vir kommersiele boerderye aangewend word, en die staat het ‘n verpliging om die opleiding daartoe te verskaf; eerder as om blanke kommersiele ondernemings te wil besteel en in die proses te vernietig weens gebrek aan besigheids-vernuf waarvoor opleiding nie verskaf is nie.
En suiwer non-rasistiese kapitalisme is die enigste antwoord, wat die hen is vir bogenoemde kuikens.
Jaco Fourie
Hello Jaco,
Beste Wouter,
Die leser moet maar self bepaal of jy my regmatig gekwoteer het al dan nie.
Jy skryf - Ek verweer
Jy se: "dit skokkend dat jy nie die verwantskap tussen apartheid en ongelykheid sien nie"
Wat ek wel gese het was:"Wat Apartheid hom wel aan gros skuldig gemaak het was om nie genoegsaam te doen vir die ekonomiese opheffing van sy anderskleurige bevolking nie, asook om sekere ekonomiese geleenthede vir hulle te ontse".
Jy skryf: " jy verkies om veel eerder 'n staat van ongekunstelde land arbeiders daar te stel wat buite die ekonomie funksioneer het."
Wat ek wel gese het was: " Sedert blankes hier in SA aan wal gekom het, was anderskleuriges nooit gelyk aan die blanke ekonomie gewees nie. Die ander rasse het eers ‘n non-monetere ekonomie gehandhaaf, hoofsaaklik ruilhandel, en daarna ‘n segment daarvan ‘n kneg meester ekonomie, waarvolgens die anderskleuriges knegte teen (powere) vergoeding was".
Jy skryf: " jou oplossing daarvoor is verbasend, los die 'wit grond', vat die 'swart grond'. Wat ek wel gese het was: "Stam trustlande moet vir kommersiele boerderye aangewend word, en die staat het ‘n verpliging om die opleiding daartoe te verskaf; eerder as om blanke kommersiele ondernemings te wil besteel en in die proses te vernietig weens gebrek aan besigheids-vernuf waarvoor opleiding nie verskaf is nie.
Jy skryf: "Dit is nie genoeg om die stelling te maak, dat 'jy' moet jouself net ophef nie, 'n eenvoudige werk hard en alles sal wel wees nie". dan weer: " Almal is altyd gaande oor entrepreneurskap, dit is mos die manier hoe werk geskep word en alle probleme soos mis voor die son gaan verdwyn. "
Wat ek wel gese het: "Daar is baie groter en belangrike prioriteite.
STAATSBEPLANNING moet eerder op van die volgende FOKUS": Entrepreneurskapskepping; Mag van Unies verbreek vir beter produktiewiteit; Mededingende produksie vir internasionale verbruik; Stam-trustlande beter benut word, (die vrugbaarste grond is in hulle besit) " Alles n suiwer VOORSTEL van my kant, en wat is fout daarmee?
Jy skryf: : “en is dit 'n groot uitdaging om dit NOU (ongelykheid) te herstel”.
Ek vra: "Wat is jou voorstel dan?" Daarop het jy nie ge-antwoord nie.
En jou bydrae en VOORSTELLE tot moontlike ekonomiese oplossing: "Ek weet nie wat die oplossing is maar sal myself defnitief nie oorgee aan die simplistiese oplossings waarmee jy vorendag gekom het nie"
Jaco Fourie.
Beste Wouter
Verder tot jou respons hierbo skryf jy die volgend : "Almal is altyd gaande oor entrepreneurskap, dit is mos die manier hoe werk geskep word en alle probleme soos mis voor die son gaan verdwyn. Hoe sal daardie idee prakties werk?”
Soos reeds deur myself hierbo uitgewys, die regering sal moet dringend BEPLAN om werk te kan skep vir die 15 mil (Nederland se totale bevolkingsgetal) S.A. jeugdes onder 15 jaar wat eersdaag die arbeidsmark gaan betree. Net soos die geval van entrepreneurskaps-skepping, kom werkskepping ook nie automaties vanself nie. Die verskil, die regering met die mees optimistiese drome in die wereld, sal nooit werkskepping vir 15mil sal kan fundeer nie, selfs nie enige Europese eerstewereld lande ook nie. Die beste manier is om vir entrepreneurskap eerder te beplan en aan te moedig. Entrepreneurs is winsbejag ge-orienteer, en om winste te kan toon, moet hulle noodwendig mense in diens neem, en hulle is ook uiteindelik die grootste belastintalers wat die koffers van die staat vul om enige sosiale programme van hulle te kan funder. In teenstelling is die staat diens-en-sosialeverantwoordelik-lewering ge-orienteer, en kan net soveel mense in diens neem, vergeleke met die aantal entrepreneurs wat legio kan wees indien ‘n “Gap” gesoek en gevind word (dit verg ook fyn beplanning en minder staats-fundering in die proses).
Jy verkwalik my verder omrede ek gesê het. Los die blanke kommersiële boere uit en konsentreer eerder daarop om die vrugbaarste landbougrond in stam besit, in kommersiele boerdery te omskep. Hoekom ten duurste aan suksesvolle entrepreneurskap torring suiwer vir ideologies redes, met die uiteindelike vernieting van sodanige bedryf (wat in die praktyk wel gebeur) weens gebrek aan vaardigheid en vernuf ; waar eerder, heel goedkoper, nuwe entrepreneurskap op stamlande geskep kan word. Die staat verskaf die opleiding daartoe hoe om ‘n kommersiele boerdery te bedryf. Die inwoners, pleks om "subsistance" boerdery, wat geen inkomste vir die land inbring nie te handhaaf, word nou aandeelhouers van hul "besigheid", wat surplusse vir uitvoer vervaardig, ten gevolge van ‘n beter lewensstandaard vir hulle, asook die skepping van werk wat voorheen nie bestaan het nie.
Mbt. Jou Britanje – Duitsland vergelyking gedurende die Thatcher era, ‘n bespreking vir ‘n ander geleentheid, wil ek net kortliks se. ‘n Vergelyking soos deur jou aangedui word is nie heeltemal juis nie. Duitsland was nooit soos Britanje met arbeidsonrus beduiweld nie. Hul vervaardigings-sektor was meer mededingend as die van die Britte. Boonop het hulle ‘n invloei van VSA kapitaal gehad weens die koue-oorlog, wat Britanje nie geniet het nie. Die Duitse werksetiek, soos die van die Japanners was ook heel anders as die van die Britte, wat soos Margaret gese het, op die staat vir alles staat gemaak het.
Jaco Fourie
Hello Jaco,
Beste Wouter,
Dat jy geskryf het: "apartheid het DIREK hierdie ongelykheid veroorsaak”, skep jy hiermee die indruk dat voor apartheid was daar geen ekonomiese ongelykheid nie. Ek wou dit in perspektief stel dat monetere ekonomiese ongelykheid daar was sedert blankes aan wal gesit het. Voor apartheid, was daar die wit baaskap verhouding teenoor ander rasse. Apartheid het wat reeds bestaan het (wit baasskap), gewettig.
Jy skryf: "Die volgende van jou kon ek nie aanvaar nie:en daarna ‘n segment daarvan ‘n kneg meester ekonomie, waarvolgens die anderskleuriges knegte teen (powere) vergoeding was."
Swartes buite direkte blanke sfeer van oorheersing se ekonomie was ruilhandel gewees (bv. die Zulus). Swartes (knegte), in diens van blankes het 'n powere geldlike inkomste verdien. Jy stem met my nie saam nie. Hoe anders lees jy dan die geskiedenis. Was daar dan 'n swart monetêre ekonomie anders as hierbo uiteengesit waarvan ek nie weet nie? Of eerder, hoe verstaan jy wat ek geskryf het?
Dat jy hierbo oor die Brit / Duits vergelyking "ge-backpedal" het, gee jy erkentenis die twee ekonomie was in werklikheid nie vergelykbaar in so 'n mate dat Margaret die Duitse voorbeeld kon gevolg het, 'n model wat nie binne haar beheer was nie. Jy skryf: "Duitsland se sukses, is nou wel gerugsteun deur die Marshall Plan, maar dit is meer die onlangse vennootskap tussen staat, unie en nywerheid wat Duitsland sukses besorg het".
Jaco Fourie
Hello Jaco,
Hello Jaco,
"So, ons altwee is gay, so what? "... seg die een slimjannie vir die ander... tog, die een is wel 'n Ingelsman (totaal gebreinspoel deur die korpokrasie), wyl die ander miskien op sy beste ook maar net 'n hans-tsotsi in vandag se demokrasie kan wees...
Uit Beeld:
Wow Wouter!
Jy toon net soveel emosionele uitbarsting soos 'n Henn!
Jy skryf oor my: "Ek verwag dat 'n De Klerk en 'n Henn 'n mens sal WANVOORSTEL. (Nou waar het ek jou wanvoorstel?). Jou eie WANVOORSTELLINGS (in jou 5de respons hierbo) het ek reeds teebewys in my 3de respons hierbo, waar ek jou wanvoorstellings uiteengesit het en daaraan gekoppel wat ek werklik gese het, vir leser insae. Wat dit in werklikheid toon is 'n gebrek aan objektiwiteit; eerder subjektiwiteit binne die raamwerk van jou politiese denke. Jou beste verweer: " Ek neem kennis van jy skryf en laat dit vir nou daar"
Waar jy oor my skryf: " (jy is) meer bekommerd om die argument te wen ", gaan ek dit ignoreer "with the contempt it deserves"
Jy skryf verder: "So, ons altwee is gay, so what?" Nou wat het dit met die prys van eiers te doen? Prof. Pierre de Vos is ook gay, en sy politiek staan my ook hoegenaamd nie aan nie.
Ek het gehoop ons kon objektief verskil, maar van jou kant lyk dit nie so nie.
Jaco Fourie
HeHe!!
Cornelius Jy skryf:
"So, ons altwee is gay, so what? "... seg die een slimjannie vir die ander... tog, die een (Wouter) is wel 'n Ingelsman (totaal gebreinspoel deur die korpokrasie), (vir 'n Engelsman is sy Afrikaans tonne beter as joune) wyl die ander (Jaco) miskien op sy beste ook maar net 'n hans-tsotsi in vandag se demokrasie kan wees...
Eerstens. Bly jy erken jy leef in 'n demokrasie. Tweedens. Mbt tot "gay". Ek het my bedenkinge oor jou.
Jaco Fourie
Hello Jaco et al,
Hello Jaco et al,
Ha,ha,ha...
Dis okei Jaco...
Na jou braak elders oor my Voortrekkersentiment, het ek amper vir jou getik: KOM SOEN MY KAAL BOUDE...
Nou ja, ek sal nie regtig so 'n kans vat nie!
Nietemin Jaco, daar is baie waarvoor ek jou respekteer (onder meer jou gesonde sin vir humor - ek wens ek was so vrolik).
Ek dink egter jy mors jou tyd met onse gebreinspoelde slimjannie hierbo; die Ingelse karikatuur, "Wouter Ferns".
Boeregroete,
Cornelius
HeHe Wouter
Moet ek geëerd voel dat ek nou 'n titel in jou groet bygekry het, nl et al!
Weereens wanvoorstellings en veralgemenings aan jou kant. Jy skryf die volgende oor almal wat jou aanvat en aanvaar hulle het net een bron van inligting, nl: "Terwyl jy soek vir antwoorde op Wikipedia vir die kommentaar deur my geplaas," terwyl ons weet jy volg eintlik op Wikipedia se bronnelys en skakels op, wat daarop neerkom jy gebruik tog vir Wikipedia.
Dan ook: " veral in die lig van hoe jy jou gereeld hier beskryf as hoe ingelig en diep jou kennis is".My My, who is talking now!! Indien enigeen hier op die net WAT GEREELD onbeskaamd wil voorgee sy kennis is superior, is dit JY!
Wat jy oor die IMF, die toestand van die algemene wêreldekonomie, en. skryf is algemene kennis vir gereelde koerantlesers. Al verskil, jy het van die internet sekere bronne afgetrek om die indruk te probeer skep, jy dink objektief. Asseblief tog! Selfs Cornelius is meer objektief as jy, en dis veel gesê.
Die onderwerp van bespreking deur myself, was beplanning vir werkskepping vir die 15mil tans onder 15jr wat binnekort die arbeidsmark gaan betree, en jy ontduik dit oor die wêreld ekonomiese toestand!! En jou beste verweer is: "Synde Suid-Afrika 'n ontwikkelende land is, is dit vertroostend dat in baie van die armste ontwikkelende lande is die vooruitsigte beter was as wat dit vir die VSA en die eurosone is."
Jaco Fourie
En o ja Jaco, ek't nog nooit getwyfel omtrent die demokrasie waaraan ons hier in Mzansi deur FW de Klerk met sy vredesooreenkoms uitgelewer is nie.
Soos 'n wyse Amerikaner, James Bovard, op 'n dag in Ingels geseg het: Democracy is two wolves and a lamb voting on what to have for dinner.
En dan ook in Charles die Eerste van Ingeland, se woorde: Democracy is the power of equal votes for unequal minds.
Ja, hoe groot kan die demokrasie vir die Afrikaner se lammers (toekoms) hierin wees...
...of hoe gelyk betreffende die intellek van al die ander kiesers hier?
Cornelius Henn
Beste Cornelius
Jy skryf: "ek amper vir jou getik: KOM SOEN MY KAAL BOUDE...
Indien jou lyf so mooi lyk soos die gesig op jou avatar, sal ek meer as net dit wil doen.
Jaco Fourie
Hello Jaco et al,
Ons emosionele Wouter het die volgende oor entrepreneurskap te sê:
Quote. “Almal is altyd gaande oor entrepreneurskap, dit is mos die manier hoe werk geskep word en alle probleme soos mis voor die son gaan verdwyn.
Hoe sal daardie idee prakties werk? Die term is te veel van 'n woord wat gebruik word om oor alles te pleister en te veel van 'n gevoel dat hierdie 'n kitsoplossing in debat is, maar nie in realiteit nie.
Hierdie volgens jou kan die hoof gebied word deur eenvoudige 'entrepreneurskap'.” Unquote.
Soos wat daar buite oor die onderwerp gesê word, deur private sake asook die regering;
An entrepreneur is someone who creates new wealth through the creation of new value. In most economic systems, new money is created to match the new value, or wealth, that is created by entrepreneurs.
Entrepreneurship is the single most important activity in our economy. It is the only activity that enables enterprising South Africans to apply their mind to create new value, new wealth, new money and NEW JOBS. Without it, we are simply sucking dry the value that was created by entrepreneurs of past.
Source – Henk Kleynhans
Henk is a computer scientist and Internet junkie turned social entrepreneur. He is the CEO & founder of Skyrove, which enables anyone to set up a WiFi Hotspot and earn an income by sharing their internet access
For a developing economy like South Africa, entrepreneurship and social innovation are vital to unlock growth and economic inclusion. The South African government has acknowledged that it will play a crucial part of future growth and success for the country [1]. This has resulted in a number of policy and structural developments to promote entrepreneurship, build capacity and ecosystems as well as foster entrepreneurial thinking starting at the educational level.
With high unemployment, deep social and class divides and a highly unequal society, the South African government realizes that in order to change the socio-economic landscape of the country it would have to support a concerted effort to develop entrepreneurship at the grass roots level and up.
For a developing economy like South Africa, entrepreneurship and social innovation are VITAL to unlock growth and economic inclusion. The South African government has acknowledged that it will play a crucial part of future growth and success for the country [1]. This has resulted in a number of policy and structural developments to promote entrepreneurship, build capacity and ecosystems as well as foster entrepreneurial thinking starting at the educational level.
Forward Looking
Unemployment, at 27% in 2012, still remains a concern in the South African economy [6]. While South Africa, and to a greater extent Africa, remains a frontier and market with great potential for entrepreneurship and job creation, there are a number of challenges
Ek kan ook “copy-paste” om sodoende geleerd voor te kom soos Wouter die gewoonte het. Dis so maklik.
Terloops, Wikipedia was nie as bron gebruik soos Wouter dit het dat dit ander se enigste bron is.
Jaco Fourie
Dagse Wouter my Gabba,
Jy skryf -- We: "Jy soek vir 15 miljoen werksgeleenthede terwyl die wat die beplanning doen 'n mikpunt van 11 miljoen het".
Shame. Indien jy deeglik lees, en daai bril nie skeef op jou neus laat sit nie, sou jy gelees het dat ek geskryf het, ek het sensus 2011 hierbo aangehaal waar die staat in hierdie sensus beweer, 30% van ons omtrent 50mil inwoners is onder 15jaar, dws 15mil. Verder het ek gesê daar's 'n probleem indien nie vir hierdie jeug werk vorentoe gekry word nie. Die staatsbeplanning waaroor jy "glossed over" gaan oor meer as net hierdie 15mil sektor, maar sluit ook ander huidige werkloses in bo 15jr, maar beplan maar net vir 11mil, en nie almal nie. Skrik wakker maat en bekyk die hele prentjie, en nie net dit wat jy tussen die lyne in wil lees nie.!
Jaco Fourie
Jaco,
Hello