Mannetjieswind
Dis ’n mannetjieswind
wat my rok so swaai
en sy storm en drang
teen my hart vas waai
As ek en jy rondomtalie, tiekiedraai
As my arms styf
om jou lyf kom pas
hou my nader en nader
aan jou hartklop vas
as ek en jy vastrap om die derde draai
Dis` n warrelwind, ’n mannetjieswind
wat my tollend in jou arms vind
en jou asem oor my lippe woel,
my hele lyf is net vir jou bedoel
Dis ’n mannetjieswind
wat my rok oplig
waai my weer en weer
in jou arms terug
as ek en jy rondomtalie, tiekiedraai
Dis` n warrelwind, ’n mannetjieswind
wat my tollend in jou arms vind
en jou asem oor my lippe woel,
my hele lyf is net vir jou bedoel

