Mandela geld
Eendag tot stap ek in die dorp, sonder geld en sonder skoene
Toe kom ek by die bank aan en kyk die oortrokke bank
Ek kry vir my geld en toe gebeur daar iets wat ek nie kan verstaan
terwyl en sprakeloos daar staan
REFREIN:
Madiba is al wat ek sien
Van die honderd tot die tien
Ouer as Tafelberg en sy naam word geken deur die veld
Mandela is nou op ons geld
Ma, ek dink daar is iets fout
Ek raak skoon benoud
Vir ? oomblik dink ek aan die verlede
en hoe hy gesien word in die hede
Oom Nelson is nou op ons note
en nie meer die renoster se pote
Hy is so gerespekteerd
Ander geld voel nou net verkeerd
REFREIN
Die man van die wes-Transkei
Terwyl hy die mense na ? nuwe begin lei
Na 27 jaar in die tronk
Toe blus sy mense se woede-vonk
Hy is die land se rolmodel
Terwyl hy vrede as sy basis stel
REFREIN
Hy’t geveg vir die Khoisan
Tot hy volwaardig gesien is as ? man
Hy’s die leeu van ons land
In oorlog kies hy nie ? kant
Ons geld het nou meer waarde
Want sy gesig is geken oor die aarde
Dit voel snaaks en die vrae kom in my kop op
Nou eer ons die man wat die land
nog in vrede gehou het


