"Man oppie maan" by Kimone Webster

  • 0

Die donker kruip in
Die skrif is op die muur
Dis die laaste asem
Dis 'n avontuur

Ons moes nie maar ons het
Dis sinneloos maar perfek
So verkeerd maar so reg
Was vir altyd maar nooit gehou

Wat het jy gedink
Om my hart so te vedrink
Waar het jy gegaan
Sien jy nog die man oppie maan

Ons moes nie maar ons het
Om die donker in te gaan
Sonder sterre bokant die maan
Sonder my by jou liggaam

Dis sinneloos maar perfek
jys die donker skadu
Jys my geheim
Dis die ding wat ons opvreet

So verkeerd maar so reg
Ons harte aan mekaar geheg
Dis die mure wat jy breek
Die volke wat buig en snik

Die donker kruip in
Die skrif is op die muur
Dis die laaste asem
Dis 'n avontuur

Wat het jy gedink
Om my hart so te vedrink
Waar het jy gegaan
Is ek nog jou man oppie maan?
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top