"Man op die maan" deur Martein Opperman

  • 0

Man op die maan

Vers

Plastiekwoorde tuimel uit by jou mond
Vir plastiek-ikone tref jou knieë die grond
My kop raak seer as ek in die môreson die gedagtes keer
En wonder waar loop jy rond

Koor

Net soos die man op die maan
Bietjie eensaam nogal skaam
Is al wat ek vra om weer huis toe te gaan
Net soos die man op die maan
Bietjie eensaam nogal skaam
So stuur dit gerus - ek aanvaar die blaam
Sê my gerus en ek vergeet jou naam
Het ek my misgis
Of stap jy al aan?

Vers

’n Plastiek-glimlag in die spieël teen die muur
Is al wat ons kry om die dae om te skuur
Die geluid van my bloed wat vries as ek jou in die aande in my drome sien
Laat my besef ek's nog hier

Koor

Net soos die man op die maan
Bietjie eensaam nogal skaam
Is al wat ek vra om weer huis toe te gaan
Net soos die man op die maan
Bietjie eensaam nogal skaam
So stuur dit gerus - ek aanvaar die blaam
Sê my gerus en ek vergeet jou naam
Het ek my misgis
Of stap jy al aan?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top