"Man genoeg" deur Wynand Kotze

  • 0

Man genoeg

Popcorn skiet was nog altyd ’n lied
As jy skrik vir elke pop
Padreëls is cool, want my kar was duur
En ek wil poeding eet om drome te droom
En bubblegum kou, sodat ek bubbles kan blaas
Maar jy stop my, want ...

Koor

Ek lag as iemand val
Ek huil as iemand dood in ’n movie
Ek hou van blomme, en hou nie van bomme
Ek hou van my ouma, en gooi my papiere in dromme ...
Ek hou van lees, en skryf oor elke vou!
Is dit man genoeg vir jou?
Ek hou van steri-stumpi
En sit ’n kussing op die kerkbankie
Want harde goed, irriteer my bloed
So hoekom nie?
Ek onthou verjaarsdae
Ek vergeet net die name
Padreëls is cool, want my kar was duur
Ek gee straatkinders brood
Maar jy stop my ...

Koor

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top