"Mamma" deur Linda Jansen van Rensburg

  • 0

Mamma

Ek streel met my vingers oor jou sagte silwer hare
en dink aan al jou liefde en seerkry deur die jare
Die spore van swaarkry lê diep in jou wange
en die dowwe glans in jou oë maak my angs-bevange.
? Tydjie terug was ek nog ? kind op jou skoot
en nou vandag, voel ek so verskriklik groot
Ek druk my kop teen jou bors en wil jou styf vashou
ek wil God net vra om jou in Sy hande toe te vou

REFREIN:
Ek gaan sit langs jou en neem jou hand
ek voel hoe die trane hier in my oë brand
Ek wil net vir jou sê en ek weet nie of jy dit al weet
Mamma, ek het dit gemaak en hoop jy sal my woorde nie vergeet

Ek se dankie dat Hy jou as moeder vir my gegee het
en daarom sal ek jou altyd eer, dit is ook God se Wet
Een van die dae sal Hy jou ook weer kom haal
en daarom Mamma sal ek probeer om jou nooit te faal
Jy was altyd die rots waarop ek vas kon staan
en sonder jou, Mamma, sal ek sekerlik vergaan
Vir jou, Mamma, gee ek dan al my liefde en gebede
Jy het my gebring vandag waar ek is, nou het ek vrede

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top