mamela, kanala, as U Blief

  • 0

wis struktuurgeweld uit, so ook Gewete-loosheid,
laat U volgelinge versus onreg, gewetenloosheid,
beswaar aanteken, protesteer, versus apartheid,
apartheid se “ras’ en “klas”, diep ingedoktrineer,
“kwerriekwerrie”, “Boesman-”, “Hottentots-Holland”,
ou-skool-verslawing aan “Ma-se-koek!”-vervloeking,
pejoratiwiteit, submissivering, “Duiwelspiek”-dissipeliaans,
regstegnies, in eie moedertaal, amptelik, Mens t’verneder,
t’degradeer, laer as ’onaantasbaar’ t’verlaag, sosiaal t’vermy,
Gewete-loos af t’breek, ewe vroom af t’breek, superieur in t’breek,
mak t’maak, soos ’n wilde dier, in kombuis t’laat slaap, warm,
’half-diere’ moet darem ook nie so van Bokveldkoute vrek,
’Self’ ook innie fracking proses goed op doodspad geplaas,
m’t progressief destruksie van Naaste-liefde, menslikheid,
weet Mens ook nie mooi hoe dit werk, wánneer laas,
het Mens mede-Mens as eg gelyk beskou, behandel,
gerespekteer, empaties, simpatiek, opreg vertrou

Millennium Drie toe glattie so ’n gewone Tyd, Uur,
Homo Sapiens Kwadraat sal moet begin plek maak,
vir nederigheid, Naaste-Liefde, suiwer Geregtigheid,
kanti, struktuurgeweld sal noodgedwonge moet uit,
plek moet maak vir respek, vir Mens-waardigheid,
vir prakties sinvolheid van neo-medemenslikheid,
o griet, 'n einde maak aan Self-innie-voet-skiet,
aan onkunde-ontkenning se hartseer-'n-verdriet

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top