Malwarebytes

  • 1

Ek lê voorie laptop en wonne
of ek ’n film moet kyk ommie tyd om te kry
iets Hollywood en prophetic
Die soot movie wat open mette caption:
“In 2030 a plague wiped out 98% of the human population”
’n American apocalypse
waa
daa ’n promised land is
wat annie einde vanne radio signal lê
Iets timely en relevant
tottie mood en moment

Nou wattit ’n national disaster in regte
liewe declare is
en Al Jazeera se livestream speel sône
om te buffer oppie TV oppie muur
Kan ek sien assie siekte my nie dood maakie
sal ie malaise it doen

Die film speel vi vyftien minute
voo ek pause druk
Ek soekie distraction nie
ek soek comfort
“It’s the not knowing that kills you”
sê ieman voo ek
ie news report pause
Ek minimize vi VLC player,
slaan vi Malwarebytes oep
en begin scan vi Trojans en PUPS
virrie vyfde kee vandag
Die result:
Last scan: 20 minutes ago
Items scanned: 360,190
Infections: 0
Quarantined: 0
‘Assured of certain certainties’
Watch ek ie apocalypse oppie PC vêder

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top