Mallemeule
Vers 1
Eendag in 'n pretpark het ek verdwaal
wag nog vir Pappa om my te kom haal
Ewig vasgenael op die mallemeule
wat in my kop aanhou maal
Vers 2
Alleen sit ek op die wipplank van waansin
weerloos teen die ongenadige wenteling
Pappa het al kom soek, opreg
maar sy klein dogtertjie is lankal weg
Koor
Rondomtalie tol tol tol
Rondomtalie draai
Rondomtalie om en om
Rondomtalie swaai
Bridge of outro
Rondomtalie tol tol tol
Ja, die wiel, hy draai
Rondomtalie om en om
Rondomtalie swaai
![]() |



