"Mal mooi liefde" deur Adrie de-Meyer

  • 1

Mal mooi liefde

Ons het ’n geheim wat net ons s’n is. ’n Plek wat gevul is met eilande, droomskepe en palmbome. Kom vaar saam met my op die golwe van ons liefde.

Koor

Baby ons het ’n geheim,
hierdie mal mooi liefde wat ons deel,
en dit is net ons s’n, niemand kan dit steel,
een, vier, drie,
dit is ons liefde dié.

Kom ons drink ’n glasie wyn en bou saam herinneringe,
Kom vat my hand en stap saam my op die strand in die reën, net ek en jy alleen, met takeaway-koffie en kaaskoek. Sit saam met my en kyk hoe die branders breek, en met elke brander groei ons liefde meer en meer.

Koor

Baby ons het ’n geheim,
hierdie mal mooi liefde wat ons deel,
en dit is net ons s’n, niemand kan dit steel,
een, vier, drie,
dit is ons liefde dié.

Ons weet dat ons bymekaar hoort, skuif nader en voel my hart klop net vir jou. Kyk in my oë en sien jy is my sprokie. Deursoek my siel en jy sal als vind wat jy droom: kaggel, strande, mal oomblikke, party vir twee en ’n liefde perfek en waar. Wie beter om jou drome mee te deel as die een van wie jy droom?

Koor

Baby ons het ’n geheim,
hierdie mal mooi liefde wat ons deel,
en dit is net ons s’n, niemand kan dit steel,
een, vier, drie,
dit is ons liefde dié.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top