Mens jag, al lank, veels t’lank, gewetenloos,
Kapitaal-mag, asof’t renoster-muti sou b’sit,
Mens, wattie wil buk, vir g’luk, gelowig wil bid,
soek mos spytlaatlik uitkomkans, so son’r troos
kry min Mens g’noeg, van kapitaal-ras-klassifeerdery,
heel verval, in aanklewing van mite, illusie se waan,
selfs van narcissisties hedonisme, soort Self-afgodery,
onbegerig, Vryheidsformule, Proses, t’probeer verstaan
ogenskijnlik, doelbewus, deur sjatan, plus dissipels, vertraag,
vir Self-respek, Waardigheid, van Naaste, noggie heel gereed,
vir koestering, vir erbarming, in Vader se Oppergeregtigheid
Homo Sapiens Sapiens, so Self-destruktief, onheil aan’t najaag,
kanti, Waarheidsgewys, regstreeks, sal Sapiens’t Spiritueel weet,
Millennium Drie’s, ondanks onkund’-ontkenning, Openbaring-Tyd
Jacobus Faasen

