Mag, ons gifappeltjie

  • 4

In alle stories is daar ’n “bad guy” en hierdie karakter wil altyd meer mag hê. Is dit nie ook so in die werklikheid nie? Korrupsie is nie iets onbekend vir Suid-Afrika nie, en ons is al so gewoond daaraan dat ons nie eers meer geskok is oor al die korrupsie wat voorkom nie. Korrupsie is een van die grootste probleme in Suid-Afrika.

Wat is die oorsaak van korrupsie? Twee hoofredes is selfsug en gierigheid. Mag op sy eie is nie die probleem nie, maar die individue wat te veel mag het, is die probleem. Selfsugtigheid en gierigheid begin opborrel by mense en neem oor. Alhoewel die gesegde: “power does not corrupt people, people corrupt power” deur William Gaddis waar is, laat dit my wonder of sekere mense korrup gebore is, of word dit aangeleer deur misbruik van mag?

Begin dit met die eerste proe van mag? Sien ons hoe almal korrupsie opvreet en bedien, dat dit die manier van lewe is? Is korrupsie so deel van ons samelewing dat dit normaal lyk vir ons?  Ons sien soveel korrupsie vandag dat dit mens laat wonder of Suid-Afrika ooit sonder korrupsie gaan wees.

Meeste burgers het gehoop korrupsie stop met die beëindiging van Zuma se era, maar tog is daar koerantopskrifte met: South Africa's President Cyril Ramaphosa accused in corruption row. Hierdie berig is nie om vingers te wys oor wie korrup is en wie nie, dit handel oor of mag die probleem is.

Is enige individu gemaak om soveel verantwoordelikheid, mag en toeganklikheid te kan hanteer? Is die smag van mag verslawend? Hoe hoër die pos, hoe meer kans is daar vir korrupsie.

Hoe sal ons hierdie probleem kan tackle? Die probleem met Suid-Afrika is dat almal weet hoe korrup die regering is, maar daar is nie sterk genoeg kompetisie om hulle verantwoordelik te hou nie. Om iemand anders in die posisie te plaas is te groot ’n waagstuk om te neem. Is te veel mag en geen toesig nie die probleem nie? Daarom dink ek dat kompetisie so belangrik is, dit sal veroorsaak dat wanneer die regering nie reg optree nie, hulle hul posisie kan verloor. Gesonde kompetisie is belangrik vir ’n demokratiese land.

Ek glo nie dit is so maklik soos wat ek dit stel nie, maar hierdie is die begin van ’n dinkproses oor hoe om korrupsie uit te wis in Suid-Afrika. Die kompetisie sal veroorsaak dat die regering te bang is om ’n te groot hap uit die gifappeltjie te neem, namens korrupsie.

Wanneer daar meer as net een persoon om die tafel sit en elkeen hou mekaar openbaar verantwoordelik, sal korrupsie nie meer bedien word nie.

Korrupsie moet nie ons tweede natuur wees nie. Ons moet liewers fokus daarop om korrupsie uit te wys en te beëindig. Dit moet ons eerste natuur wees.

Tani du Toit

 

  • 4

Kommentaar

  • Hans Richardt

    My vorige kommentaar verwys. Plato het probleem gehad met die "wil van die mense", want alle mense is nie bv gelyk met insig en intellegensie nie.
    Mense stem vir 'n politieke agenda se krummels, al kry hul ook hoe swaar onder die kleptokrate. Alle wittes was nie bevoordeel deur NP nie, daarom was daar ander wit politieke partye.
    Dis 'n illusie dat uiteenlopende kulture en etniese groepe 'n "reënboognasie" kan wees, daarvan weerspreek werklikheid van bv politieke partye affiniteite in SA hierdie illusie dat beleid van geforseerde etniese almalgamasie werk.

  • Hans Richardt

    Tani, dan terug na Ons gifappel, die uwe president.

    Ek luister na sy Versoeningsdagtoespraak oor Geloftedag. Hy beweer toe dat die diktator van die Zoeloes, wat die minderhede onderdruk het, 'n vryheidsvegter was in die ware sin van die woord. Hy neem nie in ag dat daar in die laer Kaptein Biggar met sy 20 Zoeloes was nie, en dat Andries Pretorius 2 kleurling boodskappers met die verhaal van die geveg by Bloedrivier na Grahamstad gestuur het nie. Dus, dit was nie 'n wit vs swart oorlog nie.

    In die tye van politieke korrektheid is die historiese feite miskien 'n ander waarheid, nie dieselfde van bv die ANC of wie ookal die Gelofte se ware doel van Dankseggingsdag wil kaap nie.

  • Beste Hans

    Onthou die 'oorwinnaars' skryf die geskiedenis en nie die 'verloorders' nie. Die President het nou ter wille van oorlewing van homself en die ANC, wat sonder Zoeloesteun moeilik aan bewind sal bly, die geskiedenis van Bloedrivier nuwe betekenis gegee.

    Hy volg in die voetspore van oud-President Zuma, wat tog bevind het dat Suid-Afrika se ellende begin het toe Jan van Riebeeck op 6 April 1652 hier aan wal gestap het en vir ewig die vrede in die Afrika-paradys kom versteur het.

    Ai, hoekom het hy nie net aanhou seil nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top