
Foto: Canva.com
Mag ek?
ek wil vir jou die maanlig
deur jou donker ure wees
elke duister krater opvul
met positiewe idees
sodat jou hart
weer vry kan klop
sonder verbittering
of onsinnige vrees
ek wil vir jou die sterre
een vir een gaan pluk
om te koester en vas te hou
dit bottel vir geluk
vir daardie dae
as dit voel of seerkry
jou stukkend druk


Kommentaar
Anzel, jy mag maar.
Professioneel en treffend. Kort en kragtig om 'n universele boodskap van daar wees vir iemand op die hart van elkeen te lê. Ek het self 'n gedig met dieselfde naam geskryf wat op YouTube lê, maar beslis nie dieselfde kwaliteit as jou gedig nie. Welgedaan.
Baie dankie.