Maatstaf in SA?

  • 0

Hoekom word alles teen 'wit' gemeet in SA? Ek dink dat die huidige regering nie sonder die strukture en metodes uit sg 'apartheid' hierdie land kan regeer nie. Ek praat nie van net negatief uit NP-tyd nie, ek praat van 'n sisteem van doen en dink. Sg lokasie is steeds goedkoper om in te leef as sg voorstede. Die heffings en belasting is laer daar vir dienste. Baie politici kry verbale diarree oor die lokasie-idee, maar is nie bereid om te sê dat hul die heffings moet verhoog, as die lokasie moet verdwyn nie. Kwazi-sosiale politici het lankal besef dat dit nie net rassegregasie is nie, maar 'n ekonomiese oplossing in SA vir laer inkomste bevolking. Nou ja, selfs sg professore kan dit nie insien nie? Dalk was die sisteem nog altyd net ekonomies gedrewe en is die res net politieke konstruksie in koppe agv persoonlike nie-prestasie.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top